Verbeel jou die Suid-Afrikaanse ekonomie is ʼn redelike ou bakkie en die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee is af en toe agter die stuur. Hulle wil graag hê die bakkie moet ry, dit is ekonomiese groei, maar hulle is bekommerd die enjin word te warm, dit is inflasie. Die repokoers is hulle voet op die rem. Hulle het dit gister onveranderd gelos op 8,25%, maar wat sê hulle van die vooruitsigte vir ʼn verlaging later vanjaar?