
Sign up to save your podcasts
Or


Skakel na die Daily Maverick artikel: https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-02-27-introducing-the-four-crime-cartels-that-have-brought-eskom-and-south-africa-to-their-knees/
Twee dinge die lewe is seker; belasting, en dat Fikile Mbalula laat sal wees vir 'n perskonferensie.
In vandag se episode gesels ek oor Mbalula wat op sy perdjie gespring het oor Andre de Ruyter se uitlatings, en ons kyk na die politieke gebeure in die Tshwane metro. Is Cope nou deel van 'n onheilige koalisie met die ANC en die EFF?
Vandag se belangrikste nuus, saamgevat in minder as 10 minute:
Vandag se episode is 'n bietjie laat, want ek was eers na die Tshwane metro om verslag te doen oor die EFF se boeliegedrag toe hulle amptenare uit hulle kantore wou gooi.
In vandag se episode:
- Die EFF wil die parlement, wetgewers en raadslede in shebeens verander, waar verskille met die vuis opgelos word.
- Russiese kernkrag. Kernkrag is nie noodwendig 'n slegte idee nie, maar jy moet begin vrae vra as die EFF so iets voorstel.
- Die regering se vervelige kabinetsvergaderings is eintlik maar teepartytjies, en dit lyk of die kabinet heeltemal uit voeling is met die dinge wat Suid Afrikaners wil hoor.
Die regering is glad nie haastig om die kragkrisis op te los nie. Hulle kan nie 'n ramp bestuur, selfs al kom dit met kantwielietjies uit nie.
Die ANC is baie goed met werk skep vir hulle eie kaders, en die belastingbetaler moet pa staan vir die salaris.
Daar heers steeds onsekerheid oor die Tshwane burgemeester Randall Williams se bedanking. Die onsekerheid kon heeltemal vermy word.
Jou belangrikste nuusgebeure van die dag:
- Nog 'n ramptoestand afgekondig
- Die DA soek 'n nuwe burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metro
- SONA debat begin vandag