Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
January 31, 2019Middag op RSG 1Kontaklose kaarttransaksies is aan die toeneem, maar hoe veilig is dit? Ettienne Ludick stel ondersoek in....more3minPlay
January 30, 2019Middag op RSG 1Dit gebeur soms dat jy iets op jou skootrekenaar mors, soos water, koeldrank of koffie. Hoe dan gemaak? Ettienne Luick kyk na wat die kenners voorstel indien jy waterskade opdoen....more4minPlay
January 30, 2019Middag op RSG 1Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 7 Januarie 2024, en ons hoor hoe 'n kuberkraker 'n masker gebruik het om 'n filmster in te doen....more5minPlay
January 29, 2019Middag op RSG 1Kunstenaars is (soms) vreemde mense. Hierdie afleiding kan gemaak word deur van die gesegdes wat hulle sê vóór, of ná 'n vertoning. Sue Pyler kyk na die oorsprong van hierdie bygelowe....more5minPlay
January 28, 2019Middag op RSG 1Dewald Ras het op 'n dag besluit om Berg Kilimandjaro gaan klim om geld in te samel vir 'n goeie doel. Sy kollega, Francois Henning, wat 'n ywerige bergklimentoesias is, het besluit hy wil ook deel aan die avontuur hê. Hulle het besluit om geld vir Downsindroom SA in te samel. Hulle gesels met Ettienne Ludick en Sue Pyler oor die initiatief wat op 2 Februarie afskop....more8minPlay
January 28, 2019Middag op RSG 1Die wêreld is drie-dimensioneel, maar in die klankwëreld begin hulle reeds met agt-dimensionele klank te eksperimenteer. Ettienne Ludick het 'n voorbeeld van hoe 8D-klank, wat as die toekoms beskou word, klink....more3minPlay
January 25, 2019Middag op RSG 1Jy werk dalk die hele dag, en die idee van 'n gimnasiumbesoek klink soos 'n straf vir jou… Jy kan wel by die werk 'n groot verskil aan jou gesondheid maak deur net die trappe aan te durf. Ettienne Ludick kyk na die van trappe klim by die kantoor....more3minPlay
January 25, 2019Middag op RSG 1Die mens het nog die vermoë om verdere aardverwarming te voorkom, maar dit gaan 'n drastiese omwenteling vereis wat betref energiebronne. Só sê prof. Francois Engelbrecht, 'n wêreldkenner op die gebied van klimaatsverandering. Lizma van Zyl sit die gesprek met prof. Engelbrecht voort oor wat op Suidelike Afrika wag met die temperatuur wat oor die volgende paar dekades met tot agt grade Celcius kan styg. Die fokus val op die landbou en die regering se rol in die bekamping van klimaatsverandering....more10minPlay
January 24, 2019Middag op RSG 1Ken jy al die padreëls? Maak jy soms foute? Sue Pyler kyk na 'n paar algemene foute wat mense op paaie maak waarvan hulle nie altyd bewus is nie....more4minPlay
January 23, 2019Middag op RSG 1Roger Jacobs is 'n opvoedkundige sielkundige, en hoof van spesiale onderwys en ondersteuning by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Sue Pyler het by Roger uitgevind hoe onderwysers hulle sielkundig kan voorberei vir 'n nuwe skooljaar. Hy gesels ook oor tegnologie in die klaskamer....more14minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.