Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
November 21, 2018Middag op RSG 1Wat kan 'n mens deesdae met R100 doen? Is dit moontlik om iets met daardie blou noot te doen, wat pret vir jou of die gesin kan wees? Ettienne Ludick kyk na 'n paar sakpasopsies vir jou hardverdiende R100....more3minPlay
November 16, 2018Middag op RSG 1Suid-Afrikaners moet deesdae twee keer dink wanneer hulle kos voorberei, want nie alleen word alles duurder nie, maar is water ook skaars. Lizma van Zyl gesels met 'n koskenner en dosent oor hoe om waterslim te kook, sonder om smaak in te boet. Ons hoor ook watter produkte water-ekonomies is, en hoe belangrik maaltydbeplanning geword het....more11minPlay
November 16, 2018Middag op RSG 1Sal jy eendag 'n funksie of troue van 'n slimfoontoepassing af kan reël? Sue Pyler gesels met geleentheidsbeplanners om te hoor watter rol tegnologie in hulle beroep speel....more7minPlay
November 14, 2018Middag op RSG 1Feite is soms vreemder as fiksie. Ettienne Ludick loer na 'n paar vreemde feite, van wêreldleiers tot die mens se ligaam....more3minPlay
November 14, 2018Middag op RSG 1Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 8 Julie 2021, en ons hoor hoe 'n slim kontrak verantwoordelik is vir die stank van verotte vleis wat oor 'n Kanadese woonbuurt hang....more7minPlay
November 13, 2018Middag op RSG 1Ivor Schwartz het in geweldadige omstandigehede op Grabouw grootgeword. Sy pa is oorlede toe hy drie jaar oud was, en sy ma het hom en sy twee broers alleen grootgemaak. Hy het as tiener sy ouer broer, Deon, doodgeskiet, en is op 15-jarige ouderdom gevonnis tot langer as ses jaar tronkstraf. Hy is nou 34 jaar oud, en leef die lewe waarvan hy altyd gedroom het. Sue Pyler en Ettienne Ludick gesels met hom oor sy lewenspad....more25minPlay
November 09, 2018Middag op RSG 1Die jaar staan einde se kant toe, en Ettienne Ludick kyk na 'n paar interesante, dog vreemde, gebeure van 2018....more4minPlay
November 09, 2018Middag op RSG 1Met die uitsondering van bye, gaan insekte toeneem en al hoe meer skade aanrig soos die klimaat verander en die aarde verwarm. Baie insekbevolkings is aan die skuif, en selfs ontplof, wat 'n groot uitwerking op mens en natuur sal hê. Lizma van Zyl gesels met 'n peste en plaekenner, dr. Gerhard Verdoorn. Hy is van mening dat die mens sy voetspoor onmiddellik en drasties moet verklein as die aarde nog vir 'n duisend jaar wil oorleef....more10minPlay
November 08, 2018Middag op RSG 1Met al hoe meer motors op die pad, is die kanse dat jy 'n skrapie of ligte botsing sal ervaar net soveel groter. Volgens Goeie Huishouding is daar sekere stappe wat gevolg moet word in hierdie verband....more3minPlay
November 07, 2018Middag op RSG 1Veiligheid aanlyn behoort jou eerste prioriteit te wees, maar hoe gemaak as jy wel die slagoffer van kuberkrakers word? Ettienne Ludick kyk na die stappe wat jy moet doen, en hoekom jy by jou e-posrekening moet begin beveilig indien jy gekraak is....more3minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.