Die klag van rampokkery teen oudgeneraal Johan Booysen, word teruggetrek, sewe jaar nadat 24 lede van die Valke in Durban gearresteer is. Dit volg na die direkteur van die nasionale vervolgingsgesag, Shamila Batohi, besluit het om nie verder in die saak te vervolg nie. Intussen sluit Booysen 'n stryd van sewe jaar af waarin hy en sy familie soms erg getraumatiseer is. Sy vrou, Letitia, wat meestal in die agtergrond was, gaan die hofsaak bywoon. Sy het in 'n eksklusiewe onderhoud aan Izak du Plessis vertel wat die afgelope sewe jaar aan hulle gesin gedoen het.