Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, sê die polisie sal Forest High, die skool waar 'n leerling onlangs doodgesteek is, monitor. Lesufi het by Daniël Bakwela se gedenkdiens in Turffontein, Johannesburg, gepraat en leerlinge gevra om nie wraak te soek vir sy dood nie. Die 16-jarige Bakwela is deur 'n medeleerling, Mohamed Mwela, buite die skool doodgesteek.
Ons praat nou met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige wat die program: Dissipline begin by die huis, ontwerp het om geweld te bekamp en dissipline in skole te handhaaf.