In hierdie week se Community Kuiers episode gesels ons oor die proses agter Bybelvertalings. Ons kry gereeld die vraag, "Watter vertaling is nou die beste vertaling?". Om ons meer insig rakende hierdie onderwerp te gee, het ons uitgereik na 'n kenner in Nuwe Testament en Grieks. Iemand wat direk by vele Bybelvertalingsprojekte betrokke was in sy lewe. Ons verwelkom Prof. Fika Janse van Rensburg!
Kry vir jou 'n koppie koffie, sit terug en #kuierSaam!
0:04:19 - Die proses agter Bybelvertaling.
0:12:00 - Bybelvertaling as ’n spanpoging.
0:17:42 - Hoe word die bronteks gekies?
0:30:55 - Het ons die "oorspronlike" tekste?
0:35:38 - Hoe verskil die Afrikaans 1933/53 en die ’83 vertalings?
0:39:31 - Waarom is daar verse in sekere vertalings weggelaat?
0:43:13 - Is daar vertalings op die mark beskikbaar wat ons nie moet lees nie?
0:47:44 - Hoe kies jy die "regte" Bybel om te lees?
0:51:17 - Wie het besluit watter boeke is in die Bybel en watter nie?
0:57:50 - Tot watter mate kan ons Griekse woordeboek-tools (soos eSword ens.) gebruik om die Bybel uit te lê?
1:08:27 - Wat is Prof Fika se persoonlike, lekker-lees Bybel?As jy hierdie geniet het, deel dit met jou mense! Kyk hierdie week se bespreking-video op ons Youtube Channel: Community Kuiers! Besoek ons website vir ons podcast, blogs en meer: https://hermanblackie.wixsite.com/community-kuiers
Intro en outro song: Wasted Years by INOSSI Creative Commons — Attribution 3.0 Unported — CC BY 3.0 Free Download