KLETS

Die jaar is klaar, die kos is afgelewer


Listen Later

Dis die laaste KLETS van 2025.

Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar.

Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te wees oor wat ons werklik hierdie jaar gedryf het. Spoiler alert: dit was nie altyd waardes of visie nie. Baie keer was dit kos.

In hierdie finale KLETS van die jaar sit Matthys en Colene om die tafel met die 2025 Uber Eats Cravings Report. Ons kyk na waarna Suid-Afrikaners regtig gesmag het om te eet, hoeveel keer ’n mens Uber Eats kan bestel voordat dit tegnies deel van jou persoonlikheid raak, en hoeveel ure van ons lewens gespaar is omdat niemand meer energie gehad het vir die vraag “wat eet ons vanaand?” nie.

Ons kyk ook terug na die afgelope week se politieke t"akeaways", daardie laaste styftrekkings van 2025 se politieke drama. Groot beloftes, groter verklarings, en daai bekende stilte net voor almal vir die vakansie verdwyn. Wat bly oor as die geraas gaan lê? Wat was net nog ’n jaar-einde rookskerm?

Dan twee meningspeilings oor die veiligste lande in die wêreld. Waar pas Suid-Afrika in? Is veiligheid iets wat jy meet, iets wat jy voel, of iets wat jy eers ernstig opneem wanneer dit nie meer daar is nie?

En vir nagereg sluit ons af met 'n storie van ’n 15-jarige se sukses wat jou laat terugleun en dink: “Ag, so dis hoe produktiwiteit dan kan lyk.” Nie as inspirasie-preek nie, maar as stille herinnering dat party mense ongelooflike dinge regkry sonder Tiktok en Instagram reels daaroor.

Dis ’n episode oor honger en vervulling, oor tyd wat gespaar is en tyd wat vermors is, oor kos, politiek, veiligheid en mense wat probeer sin maak van ’n jaar wat vinniger verby is as wat enigiemand beplan het.

Dankie dat jy in 2025 saam met ons ge-KLETS het. Sit die foon neer, skink nog iets in, en luister saam na die laaste gesprek van die jaar.

2026? Dan kyk ons weer wat ons belowe. Gaan goed, gaan groot en onthou aan die anderkant van 40 is 'n babelaas soms nodig! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

KLETSBy Afrikaans.Radio

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

3 ratings


More shows like KLETS

View all
Friday Night Comedy from BBC Radio 4 by BBC Radio 4

Friday Night Comedy from BBC Radio 4

2,103 Listeners

Focus on the Family Equipping Parents Podcast by Focus on the Family

Focus on the Family Equipping Parents Podcast

1,077 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

34 Listeners

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett by DOAC

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett

8,469 Listeners

TRIGGERnometry by TRIGGERnometry

TRIGGERnometry

2,126 Listeners

The Gareth Cliff Show by The Real Network

The Gareth Cliff Show

70 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

18 Listeners

The Mel Robbins Podcast by Mel Robbins

The Mel Robbins Podcast

19,800 Listeners

Radioteater by RSG

Radioteater

1 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

5 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

'n Ma & 'n Mikrofoon by Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

2 Listeners

My Neus in jou Besigheid by Afrikaans.Radio

My Neus in jou Besigheid

0 Listeners

Nagsê Here by Afrikaans.Radio

Nagsê Here

0 Listeners

Siel by Afrikaans.Radio

Siel

2 Listeners

Net nog enetjie by Maroela Media

Net nog enetjie

0 Listeners

The Relocated South African by Jan Hugo

The Relocated South African

0 Listeners

Môre onder die Soeklig by Afrikaans.Radio

Môre onder die Soeklig

0 Listeners