KLETS

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie


Listen Later

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan.

Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande.

Ons praat oor vrouwees. Nie die Instagram-weergawe nie, maar die rou, eerlike weergawe.

En dan die podsending “Grys en Gatvol”, saam met joernalis Melanie Verwoerd – ’n ruimte waar vroue praat oor peri- en postmenopouse, oor die dinge waaroor daar te min gepraat word, en te veel in stilte “2-uur-in-die-oggend” gegoogle word.

Maar dis KLETS. Ons bly nie lank op een plek nie.

Die Peet en Mel Viljoen-sage wat soos ’n sepie bly ontvou, die Oscars wat al hoe meer hul glans verloor, en die vraag of Gwede Mantashe regtig weet hoeveel brandstof Suid-Afrika het… of hoop niemand vra nie, of dalk net hoop die spreadsheets lieg nie.

En dan, soos ’n goeie laaste noot, kyk ons na Anton Goosen op 80 – want blykbaar is daar op 80 nog meer as net rock en roll in sy pype.

Dis kuns en kommentaar. Dis vrouwees en wêreldnuus.
Dis dieper gesprekke… Dis KLETS. The Cookie Book · Maritza Breitenbach · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

KLETSBy Afrikaans.Radio

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

3 ratings


More shows like KLETS

View all
Friday Night Comedy from BBC Radio 4 by BBC Radio 4

Friday Night Comedy from BBC Radio 4

2,113 Listeners

Focus on the Family Parenting Podcast by Focus on the Family

Focus on the Family Parenting Podcast

1,072 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

34 Listeners

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett by DOAC

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett

8,876 Listeners

TRIGGERnometry by TRIGGERnometry

TRIGGERnometry

2,275 Listeners

The Gareth Cliff Show by The Real Network

The Gareth Cliff Show

70 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

16 Listeners

The Mel Robbins Podcast by Mel Robbins

The Mel Robbins Podcast

20,222 Listeners

Radioteater by RSG

Radioteater

1 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

6 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

'n Ma & 'n Mikrofoon by Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

1 Listeners

My Neus in jou Besigheid by Afrikaans.Radio

My Neus in jou Besigheid

0 Listeners

Nagsê Here by Afrikaans.Radio

Nagsê Here

0 Listeners

Siel by Afrikaans.Radio

Siel

2 Listeners

Net nog enetjie by Maroela Media

Net nog enetjie

0 Listeners

The Relocated South African | Emigration stories by Jan Hugo - Emigration stories expert

The Relocated South African | Emigration stories

0 Listeners

Môre onder die Soeklig by Afrikaans.Radio

Môre onder die Soeklig

0 Listeners