Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
January 18, 2017Middag op RSG 1Van ons kan skaars ritme hou met ons voete, wat gepraat van dans en gimnastiek doen op dieselfde tyd. Dit klink dalk vir jou onmoontlik, maar daar is 'n dansvorm genaamd breakdancing waar bolmakiesies, wawiele en kopstande alles plaasvind op die maat van musiek. Christelle van Tonder het by Vouks, 'n professionele breakdancer, meer gaan uitvind van hierdie dansvorm....more5minPlay
January 18, 2017Middag op RSG 1Antoniem wonder wat die voorvaders sou dink van die nuwe begrafniskultuur om partytjie te hou buite die rougebou....more4minPlay
January 17, 2017Middag op RSG 1Die Jonkerdiamant is op 17 Januarie 1934 gevind, 5 km van die plek af waar die Cullinandiamant gevind is. Martin Headger het by John Lincoln van die Cullinan Erfenisvereniging meer oor die Jonkerdiamant gaan uitvind....more4minPlay
January 16, 2017Middag op RSG 1So blind soos 'n mol. 'n Geheue soos 'n goudvis ... Waar het die sêgoed sy oorspong? Is dit slegs 'n sêding wat die oumense destyds uitgedink het, of steek daar wel waarheid daarin? Sue Pyler het meer oor die sêgoed oor diere gaan uitvind....more4minPlay
January 13, 2017Middag op RSG 1Skateistan is 'n skool in Johannseburg waar kinders leer om skaatsplank te ry. Die inisiatief het in Afghanistan begin en oorgespoel na Suid-Afrika. Die wêreldberoemde skaatsplankkampioen, Tony Hawk, beskryf die liefdadigheidsorganisasie as 'n plek waar kinders lewensvaardighede aanleer en hoop kan kry vir die toekoms. Christelle van Tonder het by een van die afrigters van Skateistan, Kelly Murray, gaan leer om skaatsplank te ry....more5minPlay
January 12, 2017Middag op RSG 1Wetenskaplikes sê hulle sal moontlik binnekort die bestaan van 'n reuse negede planeet anderkant Pluto kan bevestig. Dit sal dalk verduidelik hoekom die son na die een kant oorhel....more5minPlay
January 11, 2017Middag op RSG 1Antoniem wonder oor al die preutse mense wat so stene werp ná die Plett Rage. Het hulle gedrag as tieners hulle ouers se goedkeuring weggedra, of wat sou ons sien as al hulle maatjies selfoonvideos kon maak?...more4minPlay
January 10, 2017Middag op RSG 1Voor al die kinders weer hok toe gaan, kan ons 'n vinnige wiskundeklas bywoon, want daar is 'n nuwe priemgetal ontdek!...more4minPlay
January 09, 2017Middag op RSG 1Sommige kunstenaars maak nie gedruik wit skilderdoeke om kuns te maak nie. Hulle gebruik eerder die mens se liggaam. Dit is die werk van Angie Schoombie, 'n liggaamskilderykunstenaar van Johannesburg. Die liggaam van haar model is haar doek waarop sy verf, en die model verander in 'n meesterstuk. Christelle van Tonder gesels met Angie oor hierdie kunsvorm en hoe lank dit haar vat om 'n model van kop tot tone te verf....more4minPlay
January 06, 2017Middag op RSG 1'n Kajak word nie net gebruik om mee te roei nie… jy kan ook daarin visvang! Martin Headger gesels hieroor met Chad Andrews van Canoe Concepts in Johannesburg....more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.