Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
February 17, 2017Middag op RSG 1Weet jy hoe om 'n boog te skiet? Hier is jou eerste les. Konrad van Warmelo, die voorsitter van die beoordeelaars vir die Suid Afrikaanse Nasionale Boogskietassosiasie, leer Martin Headger hoe om dit te doen, en verduidelik watter fiksheid nodig is vir die sport....more4minPlay
February 17, 2017Middag op RSG 1Terrance April het onlangs die jongste vertoning van die Amerikaanse groep, BLUE MAN GROUP, by Montecasino se Teatro in Johannesburg bygewoon. Die spel van lig, klank en kleur is destyds deur Chris Wink, Phil Stanton en Matt Goldman in 1991 begin, en bekoor gehore steeds vandag. Die gehoor word op n verbeeldingstog geneem waar moderne tegnologie ingespan word om allerlei effekte te skep....more3minPlay
February 15, 2017Middag op RSG 1Antoniem bespiegel oor die verskonings wat mans maak wat nie hulle vrouens op Valentynsdag bederf nie. Hou dit dalk verband met 'n onlangse studie oor die afname in getroudes se katelkaskenades?...more4minPlay
February 15, 2017Middag op RSG 1'n Persoonlike identifikasienommer (PIN) of wagwoord is deesdae uiters belangrik, veral as jy jou belangrikste aanlyndata wil beskerm. Ettienne Ludick vind uit watter wagwoorde die meeste gebruik word, en hoe jy kan sorg dat kuberkrakers uit jou sake uit bly....more4minPlay
February 10, 2017Middag op RSG 1Boogskiet is meer as net 'n sportsoort. Die uitwerking hiervan, veral op kinders, kan vinnig raakgesien word, sê Konrad van Warmelo van die Nasionale Boogskietvereniging…...more5minPlay
February 09, 2017Middag op RSG 1Die jong sakevrou, tekstielontwerper en syraamdruk-kunstenaar, Letitia du Toit, is die eienaar van Nostalgie Textiles in Centurion. In haar tuisateljee versier en maak sy produkte deur middel van syraamdrukwerk wat sy self ontwerp, of wat klante vir haar gee. Christelle van Tonder het by haar gaan kuier om te sien hoe om syraamdrukwerk te doen....more5minPlay
February 08, 2017Middag op RSG 1"Heuning, gemmer en lemoensap is uitstekend vir slym oppie bors," sê June Cornellisen van Idasvallei op Stellenbosch. Sue Pyler kyk na nog 'n paar van hierdie wenke wat as boererate beskou word....more4minPlay
February 08, 2017Middag op RSG 1Baie mense verlang terug na wat hulle "die goeie ou dae" noem. Antoniem voel egter as jy hulle nou kon terugstuur soontoe, sal daar eers 'n geween en 'n gekners van tande wees as hulle weer moet klaarkom sonder al vandag se hulpmiddels....more4minPlay
February 03, 2017Middag op RSG 1As jy in boogskiet as sport of stokperdjie belangstel, kan dit moeilik wees om presies te weet hoe en waar om daarmee te begin. Martin Headger gesels verder met Konrad Warmelo van die Markspark Boogskietklub in Johannesburg om meer uit te vind oor die afrigting van hierdie sportsoort....more4minPlay
February 01, 2017Middag op RSG 1Toe die aanvanklike bewerings van wedstrydknoeiery teen Hansie Cronje gemaak is, kon niemand dit glo nie. Dit spook egter steeds by die sport. Toe die Proteas onlangs vyf vangkanse verbrou en verloor, is wedstrydknoeiery die eerste ding waaraan baie ondersteuners gedink het....more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.