Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
January 05, 2017Middag op RSG 1Die tegnologie wat deesdae beskikbaar is om mense se lewe te vergemaklik, het geen einde nie. Iets wat die vervoerbedryf drasties sal verander, is selfaangedrewe motors. Verskeie maatskappye is besig met toetse vir selfaangedrewe taxis. Martin Headger het meer oor hierdie tegnologie gaan uitvind....more4minPlay
January 04, 2017Middag op RSG 1Oupa Antoniem reken dit gaan deesdae so goed met almal dat niemand meer voornemens hoef te maak om die nuwe jaar 'n beter een te maak nie....more4minPlay
January 04, 2017Middag op RSG 1“As dit kan dryf, sal dit dryf,” sê onderwaterfotograaf Ilse Moore oor een van die uitdagings van die beroep. Christelle van Tonder het haar gesels oor die gebruik van lig tydens fotosessies wanneer die water die lig absorbeer....more4minPlay
January 03, 2017Middag op RSG 1Ettienne Ludick kyk na vreemde eetgewoontes in ander dele van die wêreld....more3minPlay
December 29, 2016Middag op RSG 1Net agt 8 uit elke 100 mense druk deur met hulle nuwejaarsvoornemens. Ettienne Ludick vind uit wat die gewildste voorneme is....more2minPlay
December 28, 2016Middag op RSG 1C. Louis Leipoldt is aan baie Suid-Afrikaners bekend as digter. Tog steek daar baie meer agter hierdie naam. Sue Pyler delf dieper in die lewe van hierdie man....more5minPlay
December 25, 2016Middag op RSG 1Wanneer laas het jy film ontwikkel, die foto's in 'n fotoalbum gesit of laat raam, of 'n datum op 'n koevert geskryf en dit in 'n laai gebêre? In die 21ste eeu neem jy 'n foto, redigeer hom dat alles perfek en amper onherkenbaar is, en dan plaas jy dit op sosiale media waar al jou vriende en familie dit kan sien. Tog is daar weer 'n oplewing in foto's op film – foto's wat jy neem, wat net daar en dan gedruk word sonder die opsie om dit te redigeer. Christelle van Tonder het met Susan van der Westhuizen gesels by die Foto en Film ekspo oor Instax en hoekom dit so gewild is....more3minPlay
December 23, 2016Middag op RSG 1Tradisie bly tradisie, maar volg jy nog al die jare dieselfde roetine? Hoe klink vernuwing vir jou? Sue Pyler help jou om die Kersnaweek op te kikker met nuwe idees. Wat van 'n houtkersboom of nuwe speletjies vir die kinders? En kook soos 'n sjef met nuwe disse wat die Kersgevoel na vore bring....more4minPlay
December 22, 2016Middag op RSG 1Kunsgebitte, ook bekend as valstande, raak al skaarser namate die mens se tandhigiëne verbeter, maar daar is nog duisende Suid-Afrikaners wat met 'n mond vol tande sit wat nie uit hulle kakebene kom nie… Dr. Konrad le Roux verduidelik aan Sue Pyler hoe om vir jou kunsgebit te sorg....more5minPlay
December 21, 2016Middag op RSG 1As jy 'n bok vir sports is, is verfbal waarskynlik 'n sport waaruit jy genot sal put. Christelle van Tonder het by Battlezone in Bryanston, Johannesburg, gaan kuier waar JJ de Klerk haar meer vertel het van die sport, en wie eerste besluit het dit is pret om mekaar met verfballe te skiet....more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.