Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
December 21, 2016Middag op RSG 1Antoniem vertel van sy kosbaarste kersgeskenk, en gee drie goue wenke wanneer jy 'n geskenk vir 'n kind moet kies....more3minPlay
December 19, 2016Middag op RSG 1Prentjiemooi en byna perfek... Dit is hoe modelle en voorbladgesigte in glanstydskrifte amper altyd lyk, maar ons het al gehoor dat hierdie foto's gedokter word. Hoe word dit gedoen? Deon Coetzee is 'n fotograaf wat bekend is vir sy vermoë om 'n foto te manipuleer of te redigeer. Sue Pyler het 'n draai gaan maak by sy ateljee in Alberton waar hy aan haar verduidelik het dat goeie redigering slegs gedoen kan word indien die foto van 'n hoë standaard is....more5minPlay
December 15, 2016Middag op RSG 1Die sanger en liedjieskrywer van treffers soos DEUR DIK EN DUN, JY'S DIE EEN en die alombekende QUEEN OF HEARTS het op Versoeningsdag in 2006 gesterf. Taliep Petersen het veral bekendheid verwerf deur sy werk saam met David Kramer....more6minPlay
December 15, 2016Middag op RSG 1Magda Niewoudt is Suid-Afrika se nommer een halwe-ystermanatleet, en tel onder die topvyf in die wêreld! Die halwe-ysterman-driekampatlete swem 1,9 km, ry 90 km fiets en hardloop vir 21 km tot by die eindstreep. Christelle van Tonder het 'n draai by Magda gaan maak by die Sport Science Lab by Loftus Versfeld....more4minPlay
December 13, 2016Middag op RSG 1Dit praat met jou siel. Dit is argitektuur van die lyf. Dit is netjies. Dit is presies. Dit is iets besonders. Dit is wat mimiekkuns is volgens mimiekmeester John Jacobs, anders as mimiekkunstenaars wat stereotipies geassosieer word met witgeverfde gesigte wat uit 'n denkbeeldige boks probeer klim. Sue het met John gesels om uit te vind wat die verskil is tussen die verskeie vorme van mimiek, en hoe hy sy lyf gebruik as kommunikasiemiddel sonder om 'n enkele woord te uiter....more5minPlay
December 13, 2016Middag op RSG 1Antoniem skryf oor Johannesburgers wat kus toe trek en dan leedvermakerig foto's van 'n sonsondergang oor die see op Vuisboek deel, met leedvermakerige byskrifte soos: "Die uitsig uit my kantoor."...more4minPlay
December 13, 2016Middag op RSG 1Fisioterapie is die behandeling van 'n siekte, besering of gebrek deur middel van fisiese metodes soos massering, hittebehandeling en oefeninge, eerder as om medikasie te gebruik of om onder die mes te gaan. Maar hoe pas tegnologie in die betekenis in? Watter masjiene en metodes word gebruik? Christelle van Tonder het by fisioterapeut Chantelle van den Berg gaan kuier om te hoor watter tegnologie in die praktyk gebruik word om beserings te behandel....more4minPlay
December 12, 2016Middag op RSG 1Mense doen dit vir pret, oefening of neem dit baie ernstig op, en beskou dit as deel van hulle leefstyl. Ons praat van joga wat die afgelope paar jaar baie gewild in Suid-Afrika geword het. Sue Pyler het besluit om meer oor joga uit te vind deur met instrukteur, Lea Vivier te gesels. Sue het haarself na die geselsie in 'n paar vreemde posisies bevind......more5minPlay
December 09, 2016Middag op RSG 1Daar is baie trefferliedjies wat eintlik deur ander kunstenaars gedoen is. Ettienne Ludick kyk na vier liedjies wat hulle oorsprong by 'n ander sanger of kunstenaar se pen of mikrofoon gehad het....more5minPlay
December 08, 2016Middag op RSG 1Martelle Ludik is 'n jong ontwerper met 'n vars en unieke benadering tot mode. Martin Headger het by hom gaan inloer…...more3minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.