Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
April 11, 2017Middag op RSG 1Antoniem vertel hoe iemand die wind uit sy seile gehaal het - bloot deur konskwent te reageer....more4minPlay
April 11, 2017Middag op RSG 1Beurtkrag is vir nou iets van die verlede, maar baie mense het reeds besluit om van sonenergie gebruik te maak om te voorkom dat hulle in die donker sit. Dr. Gawie van der Merwe van Plan my Power in Johannesburg gesels met Christelle van Tonder oor die tegnologiese vordering wat met sonpanele gemaak is....more4minPlay
April 07, 2017Middag op RSG 1Gaireyah Fredericks noem haarself 'n Kaapse - Afrikaanse Digter. Sue het gaan kers opsteek by haar, om te gesels oor woorde en uitdrukkings wat in haar gemeenskap gebruik gebruik word…Sy verduidelik ook die betekenis van elke woord....more5minPlay
April 06, 2017Middag op RSG 1Sommige mense is skepties om in 'n vliegtuig te vlieg, dit is waarskynlik omdat hulle nie mooi verstaan watter veiligheidsmaatreëls en tegnologie in plek is om hulle as passasiers te beveilig nie… Martin Headger het met Demetrius Kondos, hoof vlieginstrukteur by Cirus Flight Training gesels om meer oor lugvaarttegnologie uit te vind....more4minPlay
April 03, 2017Middag op RSG 1Die jagseisoen is om die draai. Ettienne Ludick vind by die Suid-Afrikaanse Jag en Wilbewaringsvereniging meer uit oor jaglisensies, die seisoen en in watter streke daar die meeste gejag word....more5minPlay
March 30, 2017Middag op RSG 1Ortodonsie isdeel van tandheelkunde. Dit het te doen met die regstelling en die belyning van tande. Dr. Beukes, 'n ortodontis in Northcliff, Johannesburg, verduidelik vir Sue Pyler wat ortodonsie behels en die verskillende soorte behandelings wat daar is vir volwassenes en kinders. Hy vertel ook vir Sue hoe die draaidjies wat aan die tande vasgemaak word, werk....more10minPlay
March 29, 2017Middag op RSG 1Antoniem vind dit ironies dat parlementslede wat sê alles omtrent kolonialisme was sleg, dit doen in die kolonialiste se taal, en tuis voel in 'n parlementsgebou op die Westminstertradisie....more3minPlay
March 28, 2017Middag op RSG 1Dit is algemeen bekend dat indien jou motor gesteel word, jy wel jou motor kan vind as jy 'n opsporingstoestel geïnstalleer het. Opsporingstegnologie het al so ver gevorder dat jy nou selfs jou sleutels kan opspoor wanneer jy dit verlê......more3minPlay
March 27, 2017Middag op RSG 1Om te sit, is soos om te rook, sê die biokinetikis Chineldi Venter by die Sandton Medikliniek in Johannesburg. Ure en ure se sit, verswak ons spiere en veroorsaak swak gewoontes in postuur. Christelle van Tonder het by Chineldi gaan aanklop om te hoor wat biokinetika is, en hoe ons voordeel daaruit kan trek....more6minPlay
March 24, 2017Middag op RSG 1Ons sien dit deesdae gereeld op die loopplanke by modeweke, soms op straat en beslis by mans met 'n sterk sin vir mode… Dit is die romp, of mansweergawe daarvan. Mans wat rompe dra is ook niks nuut nie… Martin Headger het met ontwerper JJ Schoeman gesels om meer uit te vind oor hierdie tendens....more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.