Mier op die mic

Mier op die mic

By AntonArtsBooks
Download on the App Store

Mier op die mic episodes

  • Wat wag ons nou?

    Ek gesels oor die oudste Middelnederlandse teks wat dateer uit die 12e eeu

    en hoe dit my fassineer.

    Ek brei daarop uit en bespreek ook 2 skrywes van

    @Liefdes_kalender en

    @jfg_fineart

    Luister die lekker kort episode en deel dit met ander as jy dit geniet het.

    Dankie en trap daai spore iewers in die stof.


    12 min
  • 600 jaar vroeër geskryf

    Die Paasnaweek episode waar ek die uniekheid deel van geskryfde asook kunswerke rondom Christus se dood.

    Ek lees ook 'n gedig van

    @vrou_is_vlam

    Ek hoop julle tyd was goed en vol rus.

    19 min
  • Die mier en Toe_boek

    Ek gesels met Rachelle, beter bekend as @toe_boek.

    Jy weet van oomblik een af dat jy nog na haar stem wil luister en hoe sy vertel oor

    projekte waarby sy betrokke is. Sy is een van die gelukkiges wat skryf geniet as deel van haar

    beroep (nee sy skryf nie net gedigte nie).

    Geniet die een saam met ons en

    #like #share asb.

    want jy is prestasioneel!

    59 min
  • Eerste Indrukke Tel

    Ek bespreek vandag die eerste indruk van skryfstukke op die leser.

    Ek skop af deur die 6 tipes skrywes kortliks te bespreek en voorbeelde te gee met gedigte van:

    @die_blommetuin

    @dagboekdigterpencilpoet

    @ongeskryf

    @die_skurwejantjie

    @alfabet_hart

    @filosofiese_gedagtes

    Dan lees ek die openings paragraaf(e) van so paar boeke om te sien of ons wel wil verder lees.

    Laastens bespreek ek antwoorde op 2 vrae wat ek lesers / luisteraars gevra het oor eerste indrukke.

    Geniet die een!

    35 min
  • Words_dont_always_come_out_right

    Hier gesels ek met Matt Keyser van @wordsdontalwayscomeoutright.

    Ek het hom ontmoet by @iamhestic se digaand, SINVOL en lekker gekuier.

    Sy skryfwerk is prakties en sy CRAFT BIER is puik.

    Sit agteroor en geniet die een!


    1 hr 5 min
  • Eerste skrywers

    Ek gesels oor die eerste Afrikaanse skrywers en gee net so bietjie konteks en rede to hulle skryfwerk.

    Ons eerste skrywers moes Afrikaans as 'n skryftaal self bepaal.  Hulle was die baanbrekers vir iets wat vir ons so algemeen is.

    Ek raak net aan aspekte in hulle lewens en deel so paar voorbeelde van hulle werk.  Hulle sluit in:

    1. DC Esterhuyse

    2. FW Reitz

    3. AD Keet

    4. Jan FE Cilliers

    5. DF Malherbe


    Ek hoop julle geniet dit!


    39 min
  • Die Mier en Geelchaos

    Julle... Al was die hele internet teen ons, ek kon uiteindelik met Geelchaos gesels.

    Ons bespreek die begin van haar skryfwerk en die plek wat dit het in haar lewe.

    Dit is so lekker om te leer wie sy is en daardeur haar werk beter te verstaan.

    So kom luister saam.

    50 min
  • Woorde wek emosies
    In hierdie episode bespreek ek die rol van die skrywer in emosies van die leser - asook die verantwoordelikheid daarin.
    klink diep... omdat, as jy mooi daaroor dink, dit werklik is.
    Ek bespreek ook terugvoer op die vrae: "uit watter emosie skryf jy?" en "watter emosie wil jy ervaar as jy lees?"
    Ek deel skrywes van die volgende persone:
    @maak_kuns
    @ongeskryf
    @die_blommetuin
    @jakjbrits
    @vrou_is_vlam
    @101cups_designs
    @mieropdieman
    En as jy sou dalk wonder wat Red Bull met alles uit te maak het... luister tot na die einde. 
    (P.S. geen affiliasie of borg deur Red Bull nie)
    27 min
  • Die Mier en die Ink

    Vandag gesels ek met @Inkt_It (Ewoud Jobse).

    Ons gesels oor skryf (natuurlik!!!) en watter rol dit in sy lewe speel.

    Hy lees ook vir ons so paar gedigte van ou Legendes.

    Dan sluit ons af met 10 "vinnige vrae"

    Luister en geniet dit!

    Alle musiek is gekry op Pixabay - gaan loer gerus wat is daar beskikbaar.

    1 hr 1 min

About Mier op die mic

From the publisher's feed

Ek skryf as "Mier op die man" en bespreek verskeie skrywes van bekende en onbekende skrywers en hoe elkeen se woorde die aspekte raak sryf wat in ons harte brand. Ek voer ook onderhoude met verskeie kunstenaars en hoor wat dit is wat hulle inspireer tot groter dinge.