
Sign up to save your podcasts
Or


“Hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.” (1 Pet 2:21)
Jesus het begryp dat “bywoners en pelgrims” maklik soos weeskinders sou voel as hul leier nie meer daar gaan wees nie (aldus Hand 14:2-3). Tog bid Jesus die aand voor sy in hegtenis name: “Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld … Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur” (Joh 17:5,18). “Bewaar hulle van die Bose …Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid” (Joh 17:15-17).
Die groot strik van elkeen se lewe gaan wees om – vir veiligheidsonthalwe – eerder ‘n toeris van die lewe word. “Ek pla jou nie, dan pla jy my nie”-mentaliteit. Weerhou hulle tog van afvalligheid, pleit Jesus. Laat hulle tog onthou wie hulle is! “Hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg” (1 Pet 2:21).
Toeris of pelgrim? Ons weet watter roete makliker is. Ons weet gewis in watter rigting loop die Heilige Voetspore. Gelukkig het ons Jesus wat vir ons bid.
GEBED: Here, dankie dat U elke tree vooruit loop.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die sesde dag se skildery is Our Lord Jesus Christ (Notre-Seigneur Jésus-Christ). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4553
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 6 van #Pelgrims luister ons na “Pilgrim Prayer” deur Pia Moriarty verwerk deur Rick Modlin.
Uit die liriek:
We give praise for the wonder of our God
Who sends us companions on our way
https://youtu.be/EujrWbEir-U
“Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie.” (Heb 11:16)
Ons ken die “geloofsgalery” van Hebreërs 11 baie goed. Abraham, Isak… so hou die name aan tot by die vervolgde christene – almal vlugtend, swerwend. Mense, verlangend na ’n plek-van-behoort. Maar nie sommer enige plek nie! Hulle verlange was daarna om ’n plek langs God te kon hê. Hulle het net ‘n belofte van God gehad, maar dit was vir hulle genoeg. Selfs as die realisering daarvan onmoontlik gelyk het. Soos Heb 11-13-16 dit stel: “terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, …hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. … Hulle (was) op soek na 'n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak. (Heb 11:13-16).
Om hoopvol te wees op sonnige dae is nie moeilik nie. Om in God se goedheid te glo terwyl die lewenstrein vir ons ferm op twee spore hardloop, is iets gans anders as wanneer jou lewe gans-en-al ontspoor het. Hoe hou ‘n mens vas aan hoop as die lewe jou vuisvoos geslaan het? Jy kan bloot nie verder nie! Dan is dit bemoedigend om te kyk na die foto’s van gelowiges wat in die Bybel se geloofsgalery pryk. Hulle was juis mense wat voos geslaan was (gaan kyk maar by vers 36-37). Maar, hulle het een ding in gemeen gehad: hulle geloof was onwrikbaar. Net dit. En oor dit is gesê, dat “God nie skaam was om hul God genoem te word nie.”
(Vervolg…)
GEBED: Here, dankie dat U aan voorbeelde van geloof en hoop gee.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die vyfde dag se skildery is “The Sower” (Le semeur). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4502
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 5 van #Pelgrims kyk ons na die liriekvideo van Francesca Battistelli se lied “God Is Good”.
Uit die liriek:
It's funny
That life I designed never played out
Like I had in mind
Had some highs hit the ground
Some ups that went down
But one thing that I figured out
Joy comes, tears fall
I'm learning there is beauty in it all
It's not hard to find it, you just have to look
Oh, God is good
https://youtu.be/Y13hPJgeDRs
“Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’” (Jes 30:21)
Ek ken mense wat om-die-dood net nie sal stop om rigting te vra nie, al het hulle duidelik nie ‘n idee om by hulle bestemming uit te kom nie. Aanhouer-self-probeer, al is almal in die motor se gemoedere al goed opgevlam. Dit is natuurlik op meer van toepassing as net verdwaalde bestuurders; dit is eintlik van toepassing op ons almal se lewens. Tot groot vermaak sal ons kyk na ‘n tweejarige wat uitroep , “myne-myne-myne!” en “my sal self!” Die probleem is dat ons almal daardie tweejarige steeds êrens in ons binneste ronddra. Tog het die profete gereeld met die volk gesels oor hulle eiesinnigheid! Ook hul eiesinnigheid om “op hul eie terme” God se volk te wil wees.
In Jer 31:16 staan daar, “Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind.” Dit is kort, kragtige werkwoorde:
staan;
kyk;
vra;
loop.
Soms kry ‘n mens uit Jes 30:21 die gevoel dat alles “sommer maar net” sal gebeur. Soos getuienisse soms klink: “… en toe, uit die bloute kom die stem uit die hemel…” Jeremia se werkwoorde is nie wag-en-kyk nie. Dit klink meer soos “soek en julle sal vind!” Jeremia se werkwoorde laat my aan Jesus se werkwoordkeuse dink wanneer Hy mense uitnooi: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.” (Matt 11:28-30).
Soos Dawid ook sê, “Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!” (Ps 34:9).
GEBED: Gebruik al U werkwoorde om my te beweeg, Here, sodat ek ook kan ondervind.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die vierde dag se skildery is “The Good Shepherd” (Le bon pasteur). Lees meer by https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4609
POTGOOIE: Jy kan die boodskappe op alle bekende potgooi-platforms luister. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 4 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van “Kom na My toe” deur die bekende jeugkoor van Hoërskool Linden met Duncan Fourie as dirigent en Gert Potgieter as begeleier.
https://youtu.be/bgV-a88vEEQ
“Kom terug … Hoe lank gaan jy nog talm, jy wat so dikwels jou eie koers gaan?” (Jer 31: 22).
‘n Bedevaart - of pelgrimstog - is ‘n heilige reis “terug huis toe.” Nie na die huis van baksteen en sement nie, maar terug na jou hartsplek. Daar waar jy hoort - in die arms van God.
Die probleem met menswees is dat ons vinnig vergeet waar ons hoort; ons vergeet aan Wie ons behoort. En wanneer ons vergeet aan Wie ons behoort, vergeet ons wie ons veronderstel is om te wees. Daarom het Jesus die “terugkeer-huistoe” gelykenis vertel (Luk 15:11-32): ‘n jong man wat na ‘n ver land loop; daar ‘n losbandige lewe lei; ‘n varkhok-lewe moet leef. En dan kom die ommekeer - presies soos Jeremia ook skryf, “Ek het weggedwaal, maar ek het berou gehad” (Jer 31:19). Al loop ons so hoe ver ons eie koers in, daar is in ons ‘n “saad-van-onthou” in watter rigting “huis” lê.
‘n Bedevaartsreis (of dit nou fisies of spiritueel is) neem jou terug huis toe. Verseker kan jy weet dat jy Iemand sal kry wat jou tegemoet hardloop. Die Een wat jou ontvang het die gesig van genade en die hart van liefde. ‘n Bedevaartsreis terug huis toe is ‘n ontdekkingsreis wat trane en skuldbelydenis insluit. Maar as jy tuis gekom het, verander jou identiteit van “wegloopkind” na “koningskind.” Soos Dawid in sy Psalm 23 skryf: “U ontvang my soos ‘n eregas. Ek word oorlaai met hartlikheid” (v6).
‘n Opdrag wat gereeld in die Bybel voorkom is “kom terug!” Waarom pleit die Here so daarvoor? Want hoe lank wil ons nou aanhou soek na antwoorde op plekke waar ons dit nie sal kry nie? Of aan leë beloftes vashou asof ons daarin vervulling sal kry? Of iemand wees wie ons nie regtig is nie? Net omdat ons vergeet watter rigting “huis” is?
GEBED: As ek op ’n verkeerde pad is, Here, draai my tog om.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die derde dag se skildery is “The Return of the Prodigal Son (Le retour de l'enfant prodigue). Lees meer by https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4538
POTGOOIE: Jy kan die boodskappe op alle bekende potgooi-platforms luister. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 3 van #Pelgrims luister ons na "I have come too far" deur die groep Redeemed Quartet.
Uit die liriek:
I've come too far to look back
My feet have walked through the valley
I've climbed mountains, crossed rivers
Desert places I've known
But I'm nearing the home shore
The redeemed are rejoicing
Heaven's angels are singing
I've come too far to look back
https://youtu.be/wP2umGv9Nzw
@RedeemedQuartetOfficial
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
“Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan…” (Jer 31:21a)
Tot dekade of drie gelede was die woord “pelgrimstog” dalk vir baie mense vreemd, maar nie meer nie! Selfs hier in die omgewing waar ek woon (Suid-Kaap) is ‘n lieflike pelgrimsroete: die Pelgrimstog van Hoop. Vandag stap mense ‘n pelgrimsroete vir verskillende redes: van natuurliefhebbers tot mense wat hulself wil “vind” tot mense wat net ‘n bietjie “weg” wil kom. Dan is daar natuurlik diegene wat dit stap “soos in die ou tyd” – as ‘n bedevaart (m.a.w. ‘n heilige reis). Soos die Israeliete wat eenmaal ‘n jaar ‘n bedevaart na Jerusalem onderneem het vir die Pasga. Of soos die vroegste christene wat jaarliks ‘n “heilige plek” besoek het (bv. Jesus se graf). Áltyd moes gelowiges “stap om te onthou.” Soos die filosoof, Sören Kierkegaard, gesê het, “die lewe maak sin deur ‘agteruit’ onthou, sodat jy ‘vorentoe’ kan beweeg.”
Hoe het ons nie onthou nodig nie! “Memory making” noem die Engelse dit. Soos Jakob - nadat hy die nag gedroom het van engele wat op en af klim op ‘n leër wat hemel en aarde verbind het, het hy uit sy droom wakker geskrik en gesê, “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie. … Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel” (Gen 28:16-17). Die oggend het hy die klip waarop sy kop gerus het met olie gesalf en die plek “Die Huis van God” (Bet-El) genoem (v18-19). Of soos Josua wat by Gilgal ‘n altaar van 12 klippe laat bou, en dan vir die volk sê “As julle kinders eendag hulle pa's vra: ‘Wat beteken daardie klippe?’ moet julle die kinders inlig en sê: Israel het op droë grond deur hierdie Jordaanrivier gegaan” (Jos 4:21-22).
Ons vergeet so maklik! Ons het onthou nodig. Maak vandag ‘n dag-van-onthou!
GEBED: Ek wil nie blind deur die lewe gaan nie, Here.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die tweede dag se skildery is “The Resurrection” (La Résurrection). Lees meer by https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4609
POTGOOIE: Jy kan die boodskappe op alle bekende potgooi-platforms luister. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 2 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van die lied "Home" wat pas deur Jeremy Riddle vrygestel is.
Uit die liriek:
Home, I know one day You’re calling me
Home, find me watching, find me ready to go
To my Father and a wedding
What joy and celebrating
How good it is to finally come home
To finally come home
Can’t wait to finally come home
Can’t wait to finally come home
Home, hear the cloud of witness cheering us on
To a place where streets are paved with gold
Where there is no night or sorrow
Where even death is swallowed
Where God Himself will make His home
https://youtu.be/HKX7qB6f92Y
“Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is.” (Spr 4:18)
Lank voordat godsdiens in kerke met hoë mure van baksteen en glas beoefen is, die banke vasgespyker in die vloere, gekussingde sitplekke en gangetjies waarin jy afstap om “jou” plekkie te kry, was dit “op pad” beoefen. Jesus het juis sy volgelinge “gestuurdes” genoem (nie “gemaklikes”) nie. Dit was nie verniet nie dat Jesus – na sy opstanding – die groepie dissipels (weggekruip agter geslote deure) groet met die woorde, “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh 20:21). Die boodskap van verlossing moes versprei word “tot in die uithoeke van die wêreld” (Hd 1:8). Die Evangelie is altyd “in beweging!”
Ons weet dat die Jesusvolgers van die vroegste eeue “mense van die Weg” genoem was omdat hulle in die voetspore geloop het van Hom wat Homself “Die Weg” genoem het (Joh 14:6). Saam met Hom (ook genoem “Die Waarheid en die Lewe”) het hulle vir drie jaar lank gestap en gekyk hoe Hy dit gedoen het, sodat hulle – na sy dood – dit ook só kon doen.
Die paadjie is nie klaar geloop nie: ons loop dit daagliks. ‘n Pad impliseer dat jy met jou rug wegstap van een rigting, gesig in ‘n ander rigting. Nee, jy kry nie vooraf eers die waarborg dat niks met jou op die pad sal gebeur nie, maar op hierdie pad word jy wel verseker van die eindbestemming! Volg die regte pad, dan sal – soos die Spreukeskrywer leer – “niks in jou pad wees nie, as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. … Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers” (Spr 4:12, 25-27).
GEBED: U baken die koers af, my Here; en U is my rigtingwyser.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die eerste dag se skildery is “The Calling of Saint Peter and Saint Andrew” (Vocation de Saint Pierre et Saint André). Lees meer by https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4458
POTGOOIE: Jy kan die boodskappe op alle bekende potgooi-platforms luister. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 1 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van die lied “Holy Perfect Storm” deur die Koreaanse-groep Levistance. Die lied is ook die agtergrondmusiek vir ons nuwe reeks se potgooie en bemarking.
Uit die liriek: (Engels vertaal)
Let every drop
Of tears in prayer
Spring alive into a stream of life
As streams they come and flow as one
To become boundless oceans
Above the waters, You bring the rushing wind
Over the ocean, Your wind is rushing in
Rushing over the horizon
Holy Perfect Storm arise
Mighty breath of God, come stir it up
You make all things anew
Rising up as the wave of revival as one
Prepare the way for the King who is to come
Marching over the horizon
Army of the King arise
Mighty breath of God, come stir it up
You make all things ane
Levistance is 'n kontemporêre aanbiddingsmusiekgroep van The Cross Church en Korea House of Prayer (KHOP) in Seoel, Suid-Korea.
https://youtu.be/bCPGElKVG6E
“Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh 14:2-3)
Een van my liewe vriende woon al vir dekades in die buiteland. “Wie is ek nou regtig?” het hy eenmaal vir my gesê. “Woon ek in die buiteland is ek ‘n ‘inkommer’ - my aksent verskil, my ‘alles’ verskil. Besoek ek Suid-Afrika hoort ek ook nie meer hier nie, want my lewe word op ‘n ander kontinent geleef.”
Die Engelse het ‘n woord, “displacement” – dit laat my aan ‘n legkaart dink waarvan jy legkaartstukke probeer indruk in posisies waar dit nie hoort nie. Dit is sekerlik hoe die Jode in ballingskap ook moes voel: “Wie is ons nou regtig?” Hoe moes hulle nie vasgeklou het aan die profesie van Jeremia nie: “Ek (God) weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n VERWAGTING!”
Geleidelik, soos die lewe aangaan, vergeet ons dat ons “verplaasde” (displaced) mense is. Dat ons “inkommers” is - ons hoort nie waar ons nou is nie. Die belofte van Jesus dat ons na ons Moederland sal terugkeer is ook met “offerbloed beseël.”
Die laaste hoofstuk van die Bybel eindig op die wyse soos die Bybel begin het: in die tuin van Eden. Die sirkel word voltooi. In Op 22:2 lees ons, “Tussen die hoofstraat van die (hemel)stad … staan die boom van die lewe.” Dit is waarheen ons terugkeer. Die woonplek van God. Soos Op 21:3 belowe, “kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly…”
Dit is waarheen hierdie reeks - #VERWAGTING - ons wil neem: pelgrims wat tuisgekom het.
GEBED: Ek dank U dat U my herinner waarheen ek op pad is. Hou dit asseblief my verwagting.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 31 van #Verwagting kyk ons na “Wolke”deur Vredelust Aanbidding in Kaapstad.
Hulle skryf Jesus se wederkoms word soms as hierdie swaar en angswekkende gebeurtenis gesien. Alhoewel dit aan die een kant so is, is dit aan die ander kant dié gebeurtenis waarna gelowiges die meeste moet uitsien: Jesus kom om sy bruid te kom haal, daar is nie beter en gelukkiger nuus as dit nie! Dit is wat 'Wolke' wil vertel, gelowiges kan en moet uitsien na wanneer Jesus terugkom om ons te kom haal.
Uit die liriek:
As Hy kom op die wolke
Van die hemele
Elke oog sal Hom sien
Elke tong sal bely
As Hy kom op die wolke
Van die hemele
Elke knie sal voor Hom buig
Ons Koning regeer
Op die wolke, met die septer, in sy hand
As Hy kom op die wolke
Kom Hy om ons te kom haal
Op die wit perd met die septer
In sy hand
Here Jesus U is almagtig
Ons getroue krag
Elke nasie sal buig voor U
Want die hemel is oop
Die hemel is oop
Wolke is geskryf deur Clement Martin en Anneke Human.
https://youtu.be/gtaP6dQ9N54
“Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Open 21:4)
As daar een stelling is wat ek nog nooit mense hoor weerlê het nie, is dit dat die lewe baie pyn impliseer. Natuurlik beleef ons ook intense vreugde, maar menswees impliseer onverstaanbare hartseer en swaarkry. Ek ken niemand wat bid vir méér pyn nie, wel dat ons Hemelse Vader ons van ongelukke sal beskerm; ellende bewaar; siektes genees; verdriet sal troos. Dit hoef nie eers pyn aan ons eie lyf te wees nie; ons bid vir onbekendes wat tragiese natuurrampe beleef; vlugtelinge uit oorlogsones. Dit is presies soos C.S. Lewis geskryf het: “God fluister in ons vreugdes, skreeu in ons pyn, maar lyding is God se luidspreker waarmee ‘n dowe wêreld wakker geskok word.” Maar waarom is dit so? Waarom hierdie vreeslike gebrokenheid? Hierop het ons nie antwoord nie, maar ek stem saam met Philip Yancey: “Die wonde van die lewe sny diep. Dit help wel om te onthou dat die Gewonde Chirurg, Jesus Christus, al ons pyn en hartseer ook as syne beleef het.”
En dan is daar die mooi beloftes van Openbaring wat nog in vervulling moet kom! Beloftes waaraan ons kan vashou, want die Beloftemaker is getrou. Soos die belofte (in Open 21:5): “Pyn sal daar nie meer wees nie.” Waar die draaiboek van elke mens se lewe by ‘n hoofstuk met trane eindig en mense moet afskeid neem, ontdek jy dat dit tog nie die laaste hoofstuk is nie. Die ergste wat ons vrees het nie die laaste sê oor ons lewens nie. Blaai een bladsy verder en sien die belofte raak: “Kyk, Ek maak alles nuut” (21:5).
Dit is God se betroubare Woord.
Gebed: Dankie, Here, dankie vir U betroubare belofte van nuutheid.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 30 van #Verwagting kyk ons na ’n grendeltydmusiekvideo van “God Will Wipe Away All Tears” deur Bernard Sexton. Klank opname deur Fran Hegarty en die soliste is Órla Barry, Sarah Waldron, Paul Gallagher en Karen O' Donovan.
Uit die liriek:
God will wipe away all tears
God will bring you home
To the place he has prepared for you
You shall never be alone
Storms may gather, evening fall
Daylight turn to shade
And when you earthly work is done
Do not fear, be not afraid.
There’s a time for everything
A time to be born
There’s a time to dance, to laugh
A time to weep, a time to mourn
Every plant that fades and dies
Is part of the Lord’s plan
When we die, we live anew
In God we are reborn.
https://youtu.be/itzjyk7tq0c
“Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.” (Open 19:7)
Daar is net een plek waar jy kan begin as jy oor die beloftes van God wil nadink en dit is by die begin: daar waar God die mens skep. En hoe bitterlik skeef loop die storie nie! Een liefdesverklaring na ‘n ander volg; totdat God later net sy eie Self oor het om aan te bied. So hou dit aan tot op die heel laaste bladsy van die Openbaringe van Johannes. Daarom wonder ek waarom beskryf baie gelowiges hierdie boek van Johannes as “Die Laaste Oordeel van God” as dit eintlik die laaste bladsye is van God se versameling liefdesbriewe aan die mens? Met God wat onder aan onderteken – in bloed –
“Afsender: God van Liefde.
Die Een wat die wêreld tot die einde toe liefgehad het.”
Hoe word die liefdesbriewe versprei? Deur die mense wat in liefdesverhaal ingetrek word. Of, soos Paulus in 2 Kor 3:3 verduidelik, “Julle (is) 'n brief van Christus, … nie met ink (geskryf) nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense.”
In 1 Joh 3:1 lees ons: “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.” Uiteindelik sal dit openbaar gemaak word! Die spanning bou algaande op, totdat ons by die lieflikste woorde ooit uitkom: “Die bruilof van die Lam het aangebreek… Kom, kom bymekaar vir die groot feesmaal wat God gereed maak!” (Open 19:7, 19).
Dit is waarheen God met ons oppad is: die groot eenwordingsfees met ons Skepper. Ons aller-allerste VERWAGTING wat uiteindelik sal realiseer.
GEBED: Kom dan, ons Bruidegom, maak dan ons blydskap volkome.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 29 van #Verwagting kyk ons na die liriekvideo van Mack Brock se lied “I Am Loved”.
Uit die liriek:
Just as I am
You welcome me
With open arms
How can this be
My guilt is undone
My past is untethered
I leave it behind
And run to my Father
There is no disappointment in Your eyes
There is no shame there is only pride
I am loved
Father I’m loved by You
https://youtu.be/9OmYhgvwQa8
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
Ek nooi jou om hierdie November-maand ’n pelgrimstog saam met my deur die Bybel te onderneem. Met die jaar bekans op sy rug, het elkeen van ons al ’n ver pad gekom. Dalk is hierdie reeks vir jou moeë pelgrimsvoete soos ‘n koel lafenis. Hopelik maak dit jou opgewonde om jou sprokkelsak op te neem en met hernude energie voort te gaan.
Pelgrims reis gewoonlik deur onbekende terreine; hulle is nooit veiligheid (of gemak) gewaarborg nie; hulle is afhanklik van ander mense se goedheid; hulle reis lig (‘n baksteenhuis op jou skouers sal buitendien te swaar wees…). Langs die pad kan jy selfs medepelgrims teëkom wat selfs nader aan jou voel as bloedfamilie.
Daar is altyd voetspore van vorige reisigers waarop jy kan loop (waarvan Jesus se voetspore die diepste ingestamp is).
Soms volg jy nie die rigtingaanduiding nie en voorlank beleef jy jouself as verdwaal. Soms wil ‘n pelgrim sy/haar stapskoene weggooi omdat die reis nutteloos voel. Maar, laat ons nie ‘n fout maak nie; as jy al ‘n werklike pelgrimstog meëgemaak het, sal jy ook weet hoe ‘n mens se gees ligter raak (al is jou liggaam hoe moeg). Dit is asof jou kop “oopraak”, maar, soms voel dit asof jy jou kaart verkeerd gelees het. Maar elke pelgrim ken ook die ander kant, wanneer jou eie beknopte sielsbedompigheid begin asemskep in die oopte. Jou gees ligter raak.
Ek nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi-platforms daarna te luister.
Jy kan dit ook daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder. (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp-groep is). Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering. Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf.
Klik en lees meer oor die reeks: https://ronellbezuidenhout.co.za/pelgrims
Alhoewel ek afhanklik is van vrywillige donasies om hierdie bediening lewensvatbaar te hou, herinner ek mense gereeld: dit ‘n gratis bediening wat oor kontinente heen versprei word. Bydraes wat gegee word is volgens elkeen se persoonlike omstandighede.
Ek hoop dat jy hierdie geloofsreis saam met my sal volg.
#pelgrims #leefhoop #elkedag
Agtergrondmusiek:
“Holy Perfect Storm” deur die Koreaanse musiekgroep Levistance van die Kruiskerk in Seoel, Suid-Korea.
From the publisher's feed