Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

By Ronell BezuidenhoutReligion & SpiritualityChristianity
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude episodes

  • Dag 28 van Meditasie-reeks #Verwagting

    “Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant.” (Rom 3:24, Nuwe Lewende Vert)

    In ‘n wêreld waar niks gratis kom nie,  kan ek verstaan waarom daar suspisie is op iets wat “te goed vir woorde” klink.  In die week het ek weer na ‘n finansiële program geluister waar die gasspreker ‘n inbeller aanraai: “as iemand sê, ‘mahala’, dan moet jy weet ‘n slang is in die gras.”

    In hierdie reeks het ons óór en óór gepraat van God wat aan ons sy goedheid aanbied. Onbeperkte genade. Onbeperkte sorg. Onbeperkte vergifnis. Onbeperkte liefde.  En toe vra iemand my, “maar wanneer kom jy dan by die ‘maar…’ uit?” “Maar wat…?” wou ek weet.  “Maar, as jy nie glo nie, gaan jy hel toe.” Jy móét glo. Vir ‘n oomblik is ek sprakeloos.  Waarom wil ons mense so graag “hel” toe stuur, wonder ek? Waarom bied ons Jesus as God se “maar” aan, en nie as God se grootste geskenk vir die wêreld nie?  Dit is nie dat jy eers móét glo, en dan ontvang jy alles wat God bied nie.  Dit is dat jy eers 100% moet bakhand staan voor God, en dan begin jy groei in geloof!

    Prof Willie Jonker het eenmaal gesê dat godsdienstigheid die kar voor die perde inspan. Wie God se genade aanvaar, sal nie anders kan as om ook vir Jesus te wíl aanvaar nie.   Eers genade, dan geloof.  Paulus skryf self:  “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. (Nie andersom nie.) Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.” (Ef 2:8).

    Christus is die finale aanbod van God se gratis.  Dit is God se bloedsweet-gratis. Allesopofferend-gratis. Duurgekoopte “mahala” … maar steeds, ja, “mahala.”

    GEBED: Ek weet nie of ek werklik verstaan wat “uit genade” beteken nie, Here, maar ek staan bakhand voor U.

    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    #Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

    MUSIEK:  Op Dag 28 van #Verwagting kyk ons na die liriekvideo van die groep MercyMe se “Better Days Coming”.

    Uit die liriek:

    When you’re standing on the edge
    Barely hanging by a thread
    You hear your heart convince your head that you just
    Can’t no more
    You just can’t no more
    When there’s nothing left to give
    And you wanna call it quits
    No longer strong enough to pick yourself up off the floor
    Up off the floor
    Hold on my friend
    Cause there’ll be
    Better days coming
    Don’t give up
    The hands that are holding tomorrow
    Are still holding onto us
    Better days coming
    Watch and see
    We’ll dance through the pain and the sorrow
    Knowing there’s gonna be
    Better days 

    https://youtu.be/7-pQCTntMsQ

    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    #Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

    4 min
  • Dag 27 van meditasie-reeks #Verwagting

    “Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. … God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.” (Rom 8:26-28, Die Boodskap-vertaling)

    As die dissipels vir Jesus kon vra, “Here, leer ons bid” (Luk 11:1), dan kan ons dit steeds bid.  Wetend Jesus se antwoord sal altyd dieselfde bly:  “So moet julle dan bid…”. Maar, dankie tog dat ons nie aan ‘n tipe prestasie-angs hoef te ly omdat ons (ek minstens) nie sg. “groot bidders” is nie.  Gebede hang nie van ons vaardigheid af nie; dit hang van God af.  

    Naas ons gebede wat God belowe om te verhoor (hoe dit ook al te kort skiet); is daar ‘n nog groter geskenk:  saam met ons eie gebede het ons – volgens Rom 8:26 -  ook nog ‘n ekstra voorbidder.  En dit is waaraan ek myself troos:  niemand kan meer (of beter) vir ons intree as die Heilige Gees nie.  Maar wag net, ons het twéé voorbidders:  die Heilige Gees én Jesus. Ons VERWAGTING is dus die wete dat Gód by Godself vir ons intree.  Van alle kante af ontvang die Vader gebede:  “Ek bid vir hulle,” pleit Jesus (in Joh 17:9):  “Laat hulle U – die Vader – ken” (17:3). “Bewaar hulle…” (17:11).  “Laat hulle aan U (en U Woord) toegewy wees…” (17:17). “Hou hulle een in geloof” (17:21). “Hou hulle teenaan U hart vas” (17:24). “Laat hulle U liefde ken soos Ek dit ken” (17:26).

    Wat meer het ons nodig!  G’n wonder Paulus kon verklaar, “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet”.

    GEBED:  Dankie dat ek my stem mag byvoeg by die Seun en by die Heilige Gees s’n, ons Vader.  Dankie dat U drie-maal hoor! 

    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    #Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

    MUSIEK:  Op Dag 27 van #Verwagting kyk ons na die pas vrygestelde “When We Pray” deur die groep  Citizens.

    Uit die liriek:

    For my brothers and my sisters feeling low
    For the orphan longing desperately for home
    For the broken ones who don’t know where to go
    In Jesus name there is hope
    For the mothers and the fathers on their knees
    For the sons and daughters trapped in slavery
    For the anxious heart that’s fighting for some peace
    In Jesus name you are free

    https://youtu.be/bPEJeLj1WDo

    4 min
  • Nuwe meditasie-reeks #Pelgrims

    November 2022:  ’n Pelgrimstog saam met Ronell Bezuidenhout deur die Bybel
    In die Joodse tradisie was pelgrims daardie mense wat (gewoonlik) ‘n jaarlikse reis na die tempel in Jerusalem onderneem het.  Later het Christene hulself ook as pelgrims beskou.  
    Ons is ook op pad:  hierdie aardse woning is nie ons finale woning nie; ons leef – dag na dag – al nader na ons “finale adres.”  Soos Petrus herinner:  “Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners.” (Dit is presies wat die oorspronklike betekenis van die woord “pelgrim” is:  ‘n vreemdeling.) 
    Moet dus nie jou penwortel diep laat ingroei waar jy nou is nie.  Inteendeel maak Christus jou penwortel en bou jou lewe op hom (Kol 2:17).  Op ‘n ander plek sê Paulus weer, Mag julle “in die liefde gewortel en gegrondves” wees (Ef 2:17).
    Daar is verhale van etlike pelgrims in die Bybel:  dink maar aan Abraham toe God hom uit Ur roep; selfs die Israeliete se geskiedenis in die woestyn is ‘n pelgrimsreis. ‘n Pelgrims is soms ‘n gestuurde persoon, opreis na die onbekende toe.  
    So het Jesus vir die dissipels in Joh.20:21, herinner:  “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook!” Dit maak Jesus die mees uitsonderlike Pelgrim:  Hy het nie vasgeklem aan sy ereposisie “in die hemel” nie, maar was bereid om te mense te kom wandel (Fil 2:6 e.v.). Sy pelgrimstog het die kruispad gevolg, maar steeds is dit nie die einde nie! 
    So sê Jesus vir die dissipels: “Ek gaan om vir julle plek (in die huis van my Vader voor) te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Hand 2:2-4).  
    Pelgrims reis gewoonlik deur onbekende terreine; hulle is nooit veiligheid (of gemak) gewaarborg nie; hulle is afhanklik van ander mense se goedheid; hulle reis lig (‘n baksteenhuis op jou skouers sal buitendien te swaar wees…). Langs die pad kan jy selfs medepelgrims teëkom wat selfs nader aan jou voel as bloedfamilie.  
    Daar is altyd voetspore van vorige reisigers waarop jy kan loop (waarvan Jesus se voetspore die diepste ingestamp is).
    Soms volg jy nie die rigtingaanduiding nie en voorlank beleef jy jouself as verdwaal. Soms wil ‘n pelgrim sy/haar stapskoene weggooi omdat die reis nutteloos voel.  Maar, laat ons nie ‘n fout maak nie; as jy al ‘n werklike pelgrimstog meëgemaak het, sal jy ook weet hoe ‘n mens se gees ligter raak (al is jou liggaam hoe moeg).  Dit is asof jou kop “oopraak”, mkaa, soms voel dit asof jy jou kaart verkeerd gelees het.  Maar elke pelgrim ken ook die ander kant, wanneer jou eie beknopte sielsbedompigheid begin asemskep in die oopte.  Jou gees ligter raak.
    Ek nooi jou om hierdie November-maand ‘n pelgrimstog saam met my deur die Bybel te onderneem.  Met die jaar bekans op sy rug, het elkeen van ons al 'n ver pad gekom.  Dalk is hierdie reeks vir jou moeë pelgrimsvoete soos ‘n koel lafenis. Hopelik maak dit jou opgewonde om jou sprokkelsak op te neem en met hernude energie voort te gaan.    
    https://youtu.be/5CtTnUANV8k

    Ek nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi-platforms daarna te luister. 
    Jy kan dit ook daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder.  (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp-groep is). Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf.

    Klik en lees meer oor die reeks:   https://ronellbezuidenhout.co.za/pelgrims
    Alhoewel ek afhanklik is van vrywillige donasies om hierdie bediening lewensvatbaar te hou, herinner ek mense gereeld:  dit ‘n gratis bediening wat oor kontinente heen versprei word.  Bydra

    4 min
  • Dag 26 van Meditasie-reeks #Verwagting

    “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.” (Ef 3:20-21a)

    Ek wonder baie oor gebed … waarskynlik omdat ek myself nie as ‘n gróót bidder ag nie.  Wat is ‘n groot bidder, wonder ek sommer dan dadelik?  Iemand wat baie bid? Wat vir wonderwerke kan bid en dit gebeur?  Ek glo wel dat ‘n mens bid, in die mate wat jy VERWAGTINGE oor God het.  Verwag jy min van God, dan vra jy ook min.   

    DIt kan beslis nie van Paulus gesê word nie!  Hy bid tot die God wat die onmoontlike gedoen het:  Die God wat Jesus met krag uit die graf laat opstaan het. Mag dié God dieselfde krag gebruik in die gemeente van Efese (Ef 1:19-20).   In Ef 3:19 bid hy, dat God sal gee dat hulle die oneindige liefde van Christus sal kan ken.  Nie net ‘n bietjie daarvan nie, nee, die volle omvangrykheid daarvan!  En dan nog boonop, laat hulle geloofsbeker oorloop met die volheid van God!  En net vir ingeval jy dink dat dit nou regtig die toppunt van groot en indrukwekkend is, bely Paulus dat dit maar ‘n “klein gebedjie” is – God kan báíe meer!  Ons verstand is nie groot genoeg om te begryp hoe magtig God regtig is nie!  (Soos dit in die Message-vertaling staan, “far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams!”) 

    Die predikant-skrywer, John MacArthur, het dit eenmaal so gestel, “When the Holy Spirit has empowered you, Christ has indwelt you, love has mastered you, and God has filled you” (m.a.w., wanneer jy volledig verswelg word deur die Drie-Enige God), dan sal jy kan vra wát jy wil, God sal antwoord!  Selfs jou grootste gebed sal beantwoord word, omdat dit God se gebed is.

    GEBED:  Neem volledige en totale beheer van my lewe, Drie-Enige God.


    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    #Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

    MUSIEK:  Op Dag 26 van #Verwagting kyk ons na Petronel Baard se Psalm 8 soos sy dit in 2020 vir ons eerste Al Psalmend-reeks verwerk het.  Te midde van die grendeltyd het sy geskryf: “Dit is nie 'n maklike tyd om in te sing of te toonset nie. Dit is nie 'n maklike tyd vir enige van ons nie. Hierdie woorde en spesiale wysie wat saam met dit kom draai het in my kop, lig my egter op na die sterre. Mag dit jou lig na die sterre, ver bo jou vrese en angs en vul met vrede soos jy sweef deur die heelal, AlPsalmend.”
    https://youtu.be/bEUZueFdans



    4 min
  • Dag 25 van Meditasie-reeks #Verwagting

    “Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag.” (Ps 130:5-6)

    Ons sê maklik, “Let go, and let God.”  Laat God die werk doen, moenie inmeng nie. Dalk dink mense aan ‘n teksvers soos,  “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg” (Eks 14:14). Die probleem is dat mense net drie hoofstukke verder moet blaai en sien dat die volk tog die opdrag kry om teen die Amalekiete op te staan.  “Wag op die Here” (#24) is dus nie terugsit en voete oplig nie.  Om op God te wag, “meer as wat die wagte op die môre wag,” is ‘n baie aktiewe wag!  

    Enige honde-eienaar sal weet hoe lyk ’n hond se liggaamshouding wat ’n opdrag kry om te wag:  die adrenalien laat daardie lyf behoorlik bewe. Daar is ‘n gefokusdheid, wetend die volgende opdrag kan enige oomblik kom. Dit is hoe aktiewe wag lyk.  Só is wagte wat deur die nag op hul pos op die stadsmure is, op die uitkyk na ongeruimdheid.  Gefokus. Gereed. Geduldig. Getrou.

    Moderne mense sukkel om te wag.  Ons wil iets nóú gedoen hê, sodat ons na die volgende aktiwiteit kan aanbeweeg.  Wag is vir ons sinoniem met tydmors.  Nie in die Bybel nie!   Dáár is wag om te luister; om te leer om te onderskei.  Soos Spreuke 2:2 sê, dit is om jou ore oop te hou vir die wysheid, om jouself in te span om te verstaan.   

    “Waak en bid” sou seker ook “wag en bid” kan wees.  Net soos waak (aldus Psalm 130) ‘n baie aktiewe aksie is, so is biddend wag ook. Dus kan jou verWAGting met blye verSEKERing gepaard gaan:  God sal antwoord.  Jy kan inderdaad kalm bly!

    GEBED: Maak van my ’n wag op U mure, Here, terwyl ek op U wag.

    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    #Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

    MUSIEK:  Op Dag 25 van #Verwagting kyk ons na die nuutste musiek-video “De mensen die we missen” van die bekende Nederlandse groep Sela. 
    Uit die liriek:

    God, U kent de namen van de mensen die we missen;
    geliefden, die nog steeds met ons verweven zijn.
    Wij voelen hier de leegte; zij rusten in uw vrede.
    God, U bent de Vader van de mensen uit de tijd.
    God, U kent de namen van de mensen die we missen;
    geliefden, die zo hoorden bij ons leven, elke dag.
    Wij zien de lege stoelen; zij zitten aan uw tafel.
    God, U bent de Vader van de mensen in ons hart.
    Troost ons Heer, wees ons nabij.
    Laat ons in uw armen vrede vinden.
    Draag ons Heer en koester ons
    als we denken aan de mensen die we missen


    Die opname is  in Edam en Monnickendam gedoen. 

    https://youtu.be/-oJTwyRLnwY

    4 min
  • Dag 24 van Meditasie-reeks #Verwagting

    “Dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here…” (Klaagl 3:26)

     

    My vriendin vra gister, “hoe lank moet ‘n mens wag op die Here?”  Nee, dit is nie ‘n ongeduldige se vraag nie, dalk eerder ‘n moedelose, desperate s’n.  Eintlik is dit nie ‘n vraag nie; dit is eerder ‘n uitroep! Wat het van U geword, Here! Soos Dawid sou sê,  “Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?” (Ps 6:4).   Of soos Israel in ballingskap gemurmureer het, “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby” (Jes 40:27).

     

    Soms is God inderdaad “weg” – of soos Jesaja skryf, “U is die God wat U verborge hou, die God van Israel, die Redder!” (Jes 45:15).  “Deus Absconditus,” het die teoloë van vervloë dae dit genoem. (Of in Engels: “The Hidden God”.)  Martin Luther het eenmaal gesê, “Soms is God verborge omdat mense God op plekke soek waar God nie te vind is nie.” Of anders gestel, dalk wil God juis hê dat ons oop moet wees om God te soek (en te vind) op die onwaarskynlikste plekke.  Het Jesus dan nie tereg gesê, “Ek was 'n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie” (Matt 25:43).  Wie sal nou ooit glo dat God onder die “geringstes” (v45) gevind sou word!  

     

    Wees oop vir antwoorde wat dalk anders is as wat jy sou wou hoor.  Wees oop vir roetes wat dalk anders is as wat jy sou wou stap.  Wees oop om God op vreemde plekke te ontmoet.  En as jy dan nog steeds wonder hoe lank jy moet wag? So lank as wat dit nodig is. Want van een ding kan ons seker wees, en daarop stel ons ons VERWAGTING:  God is getrou! 

     

    GEBED: Dan wag ek op U, Here. 

    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    #Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

     

    MUSIEK:  Op Dag 24 van #Verwagting kyk ons na ’n video-opname van “I wait for the Lord” gekomponeer deur James Bourne en verwerk deur Clyde Davids deur die Nuwe Apostoliese Kerk kamerensemble in Kaapstad.   Die solis is  Sharé-Anne Walkers. 

    https://youtu.be/8oSfH5k8XK8

    4 min
  • Dag 23 van Meditasie-reeks #Verwagting

    #VERWAGTING - DAG 23
     
    “LOOF die Here, want Hy is goed, sy goedertierenheid is tot in ewigheid.” (Psalm 136:1, 1953 vert.)

    As daar een vaste sekerheid is, is dit dat God onwankelbaar is. God is nie wispelturig van aard nie.  Maleagi 3:6 leer pertinent dat God die onveranderlike God is.  Jakobus het dit in sy brief herhaal:  “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie” (Jak 1:17).  Dag en nag verander.  Seisoene verander! Daar is Een wat nie verander nie:  die immer Onwankelbare God.  Ons dink maklik aan onveranderlikheid as rigied. Rigiedheid is hard, selfs liefdeloos.  Dít is God allermins.  Wat onwankelbaar is, is God se karakter.  Wat onwankelbaar is, is God se beloftes. God kan nie anders nie. Daarop kan jy jou VERWAGTINGE stel:  soos God deur die geskiedenis getrou was, so gaan God ook in die toekoms wees, en dieselfde is God vandag.

    Psalm 136 is ‘n unieke Psalm:  22 keer word daar uit die geskiedenis aangetoon hoe getrou God was.  Dit is nie toevallig dat dit 22 keer is nie – dit is die getal van die Hebreeuse alfabet.  Niks kan bygevoeg word nie!  22 redes en elke keer word dit opgevolg met die refrein:  “Sy goedertierenheid is tot in ewigheid.” Die 1983 vertaling gee dit as, “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”  Vier maal word almal opgeroep om God te loof – en elke keer volg die refrein weer. Dit word so ritmies herhaal, dat dit later soos ‘n hartklop voel … doef-doef … geen einde … doef-doef … geen einde … 

    Het ons nie in hierdie tyd weer ‘n Psalm 136 nodig nie? Dinge voel vir ons so onseker, maar onthou: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” 
     

    GEBED:  Hoe kan ek anders as om U dan nie te loof nie!

    KUNS:  Alphonse Mucha se “Praise the Lord” 1912


    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Verwagting #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op Dag 23 van #Verwagting kyk ons na ’n video-opname van ’n baie unieke uitvoering van Psalm 136 “Give thanks to God” deur die Skotse musikant Pete Crockett. 
    Hy skryf:

    “(Versoek) ...
    (Reaksie)  Sy nimmereindigende liefde is standvastig en seker
    (Versoek)...
    (Reaksie)  Dank God, want Hy is goed. 

    Alle versoeklyne is geskryf deur diegene wat dit op die opname gesing het.  Reaksielyne en melodie is geskryf deur Allan McKinlay en myself.
    Hierdie formaat leen daartoe dat mense 'n gebed sing of praat en dan reageer almal op 'n liturgiese wyse. Ek wil jou aanmoedig om jou eie lirieke hiervoor te maak, hetsy bepland of spontaan, sodat jy en jou kerk Sy poorte kan binnegaan met danksegging in jou harte, deur Hom te dank vir spesifieke situasies en dade wat Hy in jou lewens gedoen het.”
    https://youtu.be/vTKQTgVHuuA

    4 min
  • Dag 22 van Meditasie-reeks #Verwagting


    “God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” (2 Kor 10:13)

     

    Ek het onlangs weer iemand hoor sê, dat die bose behoorlik “los” is in die tyd waarin ons leef.  Tog leer Paulus, dat die bose reeds “ontwapen” is. Die gebruik destyds was dat die Romeine weermag die oorwonne vyand se soldate gevange geneem het en agter die strydwaens gebind het om hulle deur die dorpstrate te laat paradeer as ‘n vernedering. So het Jesus “elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer” (Kol 2:15).  In moderne taal gesê, “die vyand se ‘tande’ is getrek.” 

     

    Daar is sommige gelowiges wat steeds glo dat ons mekaar moet bang praat met wat die bose alles kan vermag!  Ja, “Wees nugter, wees wakker!” skryf Petrus (1 Pet 5:8). Maar, mag ons nooit vergeet, dat een van die beloftes wat gelowiges hulself mag toe-eien, juis is dat niks so buitensporig op ons pad sal kom dat ons bekommerd moet wees nie.  Ons kan by voorbaat weet:  ons sál staande kan bly.  Nie omdat ons so goed is nie.  Maar omdat God so groot is! 

     

    Paulus gebruik weereens ‘n oorlogsbeeld:  Soos wat soldate kan getuig dat hulle een oomblik nog vasgekeer tussen die klowe was, hulle die volgende oomblik ‘n opening gevind het waardeur hulle kon vlug na veiligheid toe.  So sal God vir my en vir jou in álle omstandighede uitkoms gee!  Soos die Israeliete van ouds kon sing (in Eks 15:2-4), “Die Here is ons krag en ons beskerming. Die Here is oorwinnaar in die stryd… Die Here het die strydwaens van die farao en ook sy leer in die see geslinger”, so mag ons hierdie lied saamsing!

     

    GEBED: Here, dankie dat U ook vir my beskerm.

    MUSIEK:  Op Dag 22 van #Verwagting kyk ons na ’n musiekvideo “Jesus die Oorwinnaar” deur Retief Burger. Die Afrikaanse vertaling van die lied is deur  Rouchelle Liedeman-Marais, Pieter Van Stellen en Retief Burger uit Nederlands. 

     

    Uit die Nederlandse liriek:

     

    U bent de held die voor ons strijdt

    U baant de weg van overwinning

    Elke vijand vlucht en ieder bolwerk valt neer

    Naam boven alle namen, Hoogste Heer

    Voor eeuwig is Uw heerschappij

    Uw troon staat onwankelbaar

    Ongeevenaarde kracht

    Ligt in Uw grote naam

    Jezus Overwinnaar

     

    https://youtu.be/HOFEivNVwZ4

    4 min
  • Dag 21 van Meditasie-reeks #Verwagting
    “Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom (Jesus) ken… die kosbaarste en allergrootste geskenk wat Hy belowe het.” (1 Pet 1:3-4)

    Ons het begin met die Beloftemakende Verbondsgod. Ons het die Genadige God leer ken wat die belofte van sy seën aan ons gee.  Ook die Barmhartige God wat sorg; sowel as die God van Nuwe Kanse. Soos ons in Josia 21:45 lees, “Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.”  

    Vir eeue lank was daar die VERWAGTING van die koms van die Messias.  Daarom is dit so betekenisvol dat Andreas vir sy broer Simon Petrus sê, “Ons het die Messias gekry” (Joh 1:41).  Die Samaritaanse vrou praat ook oor die VERWAGTING van die Messias, waarop Jesus antwoord: “Dit is Ek, Ek wat met jou praat” (Joh 4:25).  Later skryf Paulus hierdie belangrike woorde, “Jesus Christus, die Seun van God … is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God” (2 Kor 1:19-20). En soos Petrus sê, Jesus Christus is “die kosbaarste en allergrootste” geskenk wat God aan die mensdom belowe het.

    Al God se VERWAGTINGE vir die mensdom word weerspieël in die lewe van Jesus. Hoe beter jy Jesus leer ken, hoe beter leer jy God se beloftes ken!  Die beloftes dat God sal sorg; dat God omgee; dat God nie afwesig is nie; dat God elke haar op jou hoof ken; jou gebede sal beantwoord; jou sal beskerm; jou bewaar; jou sal vertroos, versterk en sal vergewe; krag sal gee wanneer jy swak is; rus sal gee wanneer jy oorlaai is; leiding sal gee … élke enkele belofte van God is waar.  Waarom? Want Jesus is waar.

    GEBED:   Dankie vir U, Here Jesus, ons kosbaarste en allergrootste geskenk!

    KUNS:  “Die Brandende Bos” deur Darius Gilmont.  “I’ve been working for more than twenty years in educational publishing. I’m not sure that sounds so great in an artist’s biography, but it makes a certain sense in an earning-a-living kind of way! My inner saviour continues to be my art. When I finish work every day, this is the real work I’ve been waiting to do. This is my Promised Land. I paint Biblical subjects, and recently have been returning to my first love; cars!”  Meer by: https://www.darius-art.com/

    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    MUSIEK:  Op Dag 21 van #Verwagting kyk ons na ’n musiekvideo van Frieda van den Heever se toonsetting van N.P. van Wyk Louw se gedig “Die Ambag”.

    Uit die liriek: 
    Van God durf ek skaars praat: ek ken Hom min,
    al ken Hy my tot in die laaste sel
    en laaste selfbedrog; ek roer ‘n vin
    deur goue waterwortels, moer en bel,
    en sien die buiteglans maar ken dit nie.
    Min moet my woorde oor dié dinge wees
    – ek, hard van helderheid en styf van knie –
    maar ánder woorde durf ek tog laat lees:
    dat van die dinge wat die mens bedink,
    ons smet se krag, ons wankele bestaan
    die swaarste hoeke afgrond toe laat sink,
    en, buite wete, weet ek: daarvandaan
    trek ons iets op wat ryk is soos die sin
    van daardie woord van God in die Begin.


    Die musiek word InVia Stellenbosch se dienste Sondae gebruik word. Vir enige navrae kontak [email protected]

    https://youtu.be/elEmQU5EK3M


    4 min
  • Dag 20 van Meditasie-reeks #Verwagting

    “Ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het … Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen.” (Rom 6:17-18)

    Onlangs het ek ‘n interessante opmerking gehoor:  jy kan net stap as niks jou jaag nie.  Hoe waar!  ‘n Mens wat geen gevaar verwag nie, loop nie omkyk-omkyk nie. So is dit ook net mense wat vry is wat self keuses kan maak. Slawe het geen seggenskap oor hul eie doen-en-late nie.  Soos Paulus sê, “Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is” (Rom 6:16). 

    Eintlik is daar net twee keuses:  óf jy is ‘n slaaf van sonde, óf jy is ‘n slaaf van God.  Ons praat deesdae nie graag oor sonde nie, maar – soos Thomas Merton geskryf het – “Sonde is om te weier om te word waarvoor jy bestem is om te wees:  beeld van God.  Sonde laat jou vlug weg van ware vryheid.” Net iemand wat die “slaaf van God” word, kan vir die eerste keer verstaan wat dit beteken om volwaardig mens te wees.  Sonde maak jou minder-mens! Vryheid maak van jou ‘n mens.  

    In Efesiërs 2:10 skryf Paulus, “In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”  Petrus sê dieselfde: “Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien” (1 Pet 1:16).

    Soos Martin Luther gesê het, “Of sonde lê op jou skouers, of dit lê op Christus, die Lam van God, s’n. As dit op Christus rus, is jy vry en sal jy gered word. Kies nou wat jy wil hê.”  Dit is goed as ons gereeld ons keuse herbesoek!

    GEBED:  Ek wil U dien omdat ek bedoel is om U te dien, my Here.


    KUNS:  Gerestoureerde oorspronklike van die Aanbidding van die Mistieke Lam altaarstuk (1432) deur die broers en Vlaamse kunstenaars Hubert van Eyck en Jan van Eyck in Museum vir Beeldende Kunste Gent in Gent.

    POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    MUSIEK:  Op Dag 20 van #Verwagting luister ons na die lied Agnus Dei deur die Nederlandse groep Sela. Dit is van hul album Via Dolorosa.


    Uit die liriek:

    Lam van God,
    dat de zonde der wereld draagt.
    Heer, ontferm U over ons.
    Lam van God,
    dat de zonde der wereld draagt.
    Heer, geef vrede overall

    https://youtu.be/ojtUQXId7uI

    4 min

About Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

From the publisher's feed

Luister na daaglikse potgooie met geloofsnadenke deur die teoloog en leraar, dr. Ronell Bezuidenhout. Jy kan beslis verwag om uitgedaag te word. Ronell se fokus is om “hoop” deur haar boodskappe…