
Sign up to save your podcasts
Or


“Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Ek kry hierdie mense innig jammer … Ek wil hulle nie sonder kos huis toe stuur nie, want hulle kan miskien op pad beswyk.” (Matt 15:32)
Gebeur wonderwerke steeds? Ja, heelhartig glo ek dit. Tog, as ek eerlik moet wees, sien ek min van die soort waarvan ek in die Bybel lees. Sal dit darem nie wonderlik wees om die skares hongeres so te kan kos gee soos Jesus in Matteus 15 gedoen het nie. Maar, dan skop my realistiese self in. Dit is nie hoe dinge werk nie, vertel ek vir myself. Is dit nie? Kry Jesus nie steeds mense “innig jammer” nie? Vra Hy nie vir ons om iets te doen nie? Presies soos Hy van die dissipels gevra het.
Op hierdie pelgrimsreis van die lewe is daar baie ander realiste soos ek - mense wat gereeld vir mekaar herinner dat ons nie die wêreld se probleme kan oplos nie. Ek wonder net wanneer het ons begin dink dat dit is wat Jesus van ons verwag? Wat dissipelskap wel impliseer is om te doen dit wat ons kan doen; met dit wat ons tot ons beskikking het; daar waar dit benodig word. Niks meer nie; maar ook niks minder nie.
Op Jesus se pelgrimstog Jerusalem toe, wil Jesus 'n “gees van sensitiwiteit” by sy volgers kweek: gaan dit hulle (en ons) harte aanraak soos dit Syne aangeraak het? Want dan kan niemand hul oë wegdraai en anderpad kyk nie. Ons sal dan begin vra, soos Jesus gevra het, “Wat het julle?” (v34). Net dit. Ronell, wat het jý? En jý? En jý?
Here, wat kan U met my druppel in die emmer maak? Seker niks. Tog weet my realistiese self, voeg al die druppels bymekaar en jy maak 'n see vol. Dit is hoe wonderwerke vandag steeds (kan) gebeur.
GEBED: Here begin asseblief deur in my 'n gees van sensitiwiteit te kweek.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die sestiende dag se skildery is The Miracle of the Loaves and Fishes (La multiplication des pains). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/13423
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 26 van #Pelgrims luister ons na die bekende “Bread and Fishes” soos opgeneem deur die McCalmans. Dit is geskryf deur Alan Bell ’n Engelse volksanger en liedjieskrywer gebore in Gorton, Manchester.
Dit is 'n volksstyl-gesang, wat losweg gebaseer is op die legende dat Jesus as kind in Engeland gereis het, vergesel deur Maria en Josef..
Die woorde is in 1968 geskryf deur Bell wat ’n verkoopsverteenwoordiger, sanger/liedjieskrywer, feesorganiseerder en aktivis was. Bell was 'n lid van die Blackpool Taverners-kwartet, en sommige bronne skryf die liedjie verkeerdelik aan hulle toe, eerder as aan hom.
Uit die liriek:
"With the wind in the willows
The birds in the sky
There's a bright sun to warm us wherever we lie...
We have bread and fishes and a jug of red wine
To share on our journey with all of mankind."
So I sat down beside them
With flowers all around
We eat from a mantle
Spread out on the ground
They told me of prophets
And peoples and kings
And all of the one God that knows everything
https://youtu.be/HL5nuCWUrWs
“Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. …Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.” (Joh 17:16,18)
Die Christendom (veral in die Weste) beleef in die 21ste eeu 'n groot uitdaging van geloofwaardigheid. Ons kan nie anders as om selfondersoek te doen nie: is ons wat en wie ons behoort te wees?
Waar die Kerk die meeste groei, was nog altyd waar 'n samelewing baie erge ellende, chaos, vrees en brutaliteit beleef. Die Kerk bied juis 'n alternatief op so 'n samelewing. Wanneer die christene hulle opdrag van “ter wille van die wêreld” ernstig opneem, en juis nie “na binne” draai nie (al word hulle self daardeur bedreig), daar het die Christendom gegroei. Waar die Kerk haar arms oopgooi vir haweloses en verarmdes, of vir vreemdelinge en verstotenes 'n plek van veiligheid bied, daar het die Kerk nie gepreek oor naasteliefde nie; hulle het dit demonstreer. In stede gevul met weeskinders en weduwees a.g.v. gedurige oorloë, het die christene vir hulle hul nuwe families geword. Waar geweld uitgebreek het a.g.v. etniese verskille, het die christene tussenbeide getree as die vredemakers. As aansteeklike siektes 'n dorp getref het, was dit die christene wat die mense verpleeg het. Met ander woorde, waar daar probleme in 'n samelewing was, daar het die christene die kans aangegryp om hulp te verleen.
Moeder Teresa het eenmaal gesê, nie almal van ons kan groot dinge doen nie, maar elkeen van ons kan klein dingetjies doen met gróót liefde. Ek dink nie ons leef vandag met minder uitdagings nie; ek wonder net of ons nogsteeds daarvan oortuig is dat ons die kanse moet aangryp om 'n alternatief vir die samelewing aan te bied?
GEBED: Here, leef ek dalk te veel met my oë gerig op my eie probleme en nie genoeg as 'n gestuurde nie?
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die sestiende dag se skildery is Jesus Walks on the Sea (Jésus marche sur la mer). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/ 4413
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 25 van #Pelgrims kyk ons Philippa Hanna se nuwe musiekvideo “You're Still God”.
Uit die liriek
When all foundations have been shaken
When I’m left standing in the dark
And all I feel is my heart breaking
You still reign and You’re still God
And when it feels all hope has faded
The heavy questions hit so hard
And though my soul may feel forsaken
You still reign and You’re still God
Though I can’t see what’s before me
I know that I can trust Your heart
And this one truth will be my story
You still reign and You’re still God
https://youtu.be/22WoEYfuZN0
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
PELGRIMS #24
“Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het.” (Mark 2:15)
Dit lyk nie of Jesus kieskeurig is met wie Hy assosieer nie! Kyk net die soort mense in wie se huise Hy ingaan (en Homself daardeur onrein maak). Dit was presies waaroor die Fariseërs en veral die skrifgeleerdes, by Jesus se volgelinge gekla en gesê het: “Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?” (Luk 5:30). Aan jou vriende word jy immers geken!
Soveel mense dra armbandjies met 'n “WWJD” daarop geborduur. (In Afrikaans: wat sal Jesus doen.) As ons “soos Jesus” wil wees moet ons soos Jesus maak. Waarop iemand – heel gepas – opmerk, dan moet christene meer met sondaars meng. Dit is nogal 'n vuishou in ons – geheiligde sondaars - se maag. Op ons pelgrimstog deur die lewe is dit 'n vraag wat elkeen moet antwoord: met wie omring ons onsself?
Dit is 'n wonderlike voorreg om in die geselskap van medegelowiges tyd te kan deurbring. Dit is waar ons die vreugde van ons geloof met mekaar kan deel; saam kan aanbid; voorbidding vir mekaar kan doen. Jesus het dit ook gedoen – lees maar net die evangelies. Maar terwyl jy daar lees, sien ook raak aan wie Jesus raak (die melaatses), wie Jesus genees (die besetene van Gadara), aan wie Jesus genade bewys ('n owerspelige vrou), en saam met wie Jesus kuier (die Saggeuse-van-die-lewe). Jesus omring homself met gebroke mense, juis om hul gebrokenheid te herstel. Dit is wat Jesus gedoen het.
Vra jouself bietjie af: gaan jy deur jou lewensreis met oopgestrekte arms, gereed om die te omhels wat ander verstoot? Vriendskappe te vorm waaroor die mense dalk frons. Dit is wat Jesus gedoen het.
GEBED: U het vir my langs U plek gemaak; leer my om vir ander ook plek te maak, Here.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”.
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 24 van #Pelgrims kyk ons na die liriekvideo van “Reckless Love” deur Cory Asbury.
Uit die liriek:
Before I spoke a word, You were singing over me
You have been so, so good to me
Before I took a breath, You breathed Your life in me
You have been so, so kind to me
Oh, the overwhelming, never-ending, reckless love of God
Oh, it chases me down, fights ‘til I’m found, leaves the ninety-nine
I couldn’t earn it, I don’t deserve it, still You give Yourself away
https://youtu.be/Sc6SSHuZvQE
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
“Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: ‘Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier…’” (Jes 35:3-4).
'n Nederlandse vriendin – ook 'n pastor – het onlangs vir my 'n perspektief op 'n pelgrimsreis gegee wat ek nie wil vergeet nie. Vir sommige is pelgrimsreise geloofsroetes na heilige plekke. Maar nie altyd nie! Soms neem dit jou juis na plekke van pyn.
As deel van ’n groep predikante is sy genooi om vlugtelingskampe te gaan besoek dwars oor Europa. Sy noem dit haar grootste geloofsontnugtering, want “dit is hoe dit lyk waar hoop in mense se oë gesterf het het,” vertel sy. Maar eintlik gaan die storie nie hieroor nie. Dit gaan oor wat oppad terug na Amsterdam gebeur het. In die vliegtuig was almal stil – steeds geskok oor wat hulle gesien het. Sy het probeer slaap, en uit die bloute het 'n wysie van 'n gesang in haar kop begin draai. Sonder dat sy agterkom het sy dit begin neurie. Die pastor langs haar het saggies saam begin neurie. Sonder om om te kyk het die kollega voor hulle begin neurie. En so het 20 (getraumatiseerde) dominees op 'n KLM-vlug, hardop begin sing: “De steppe zal bloeien. De steppe zal lachen en juichen.” Al harder en harder; terwyl die trane begin druppel teen hul wange.
Hoeveel keer in die geskiedenis het mense - in die grootste tye van benoudheid - nie ook die woorde uit Jesaja 35 opgesê nie: “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille; hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing…”
Pyn en hartseer en “hoop wat gesterf het”, het nie die laaste sê nie. De steppe zal bloeien, lachen en juichen.
GEBED: Here, Here, ons hou vas aan U beloftes van troos en vernuwing.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Vandag se skildery is The Grotto of the Agony (La Grotte de l'agonie).
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 23 van #Pelgrims luister ons na “De Steppe Zal Bloeien” deur Trijntje Oosterhuis. Haar pa, Huub Oosterhuis, het die lied oorspronklik geskryf. Die musiek is deur Antoine Oomen.
https://www.youtube.com/watch?v=RrlaSwKQrJc
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder…” (Ef 1:18)
John O Donahue, die Ierse digter, skryf in sy gedig, Traveller, dat élke alledaagse reis tussen hier en êrens spesiaal is. Selfs die vroegoggendrit - daagliks – tussen die huis en die kantoor het daardie potensiaal, veral as jy sy raad volg:
Seën jou vertrek
bevry jou hart van bagasie
laat die kompas van jou siel
jou op paaie neem
waar jy verseker geheime kan ontdek
wat nodig is om ontdek te word.
Elke keer wanneer jy jou sleutels in die hand neem om jou voordeur te sluit, hou die moontlikheid in dat selfs oorbekende paadjies 'n heilige pelgrimsreise kan word. As ons leer om God in alles en almal te soek, dan word ons geseën met die gawe om selfs nóg meer van God te ontdek. Martin Luther het herinner ons dat God die Goeie Nuus nie net in die Bybel openbaar nie, maar ook op die bome en die blomme en die wolke en die sterre. Selfs my en jou lewe word die teks wat ander mense kan lees om meer van God te ontdek. Paulus noem ons mos “’n brief van Christus … Ons word nie met ink geskryf nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte” (2 Kor 3:3, NLV).
Waar jy ook al gaan, of waar jy ook al kyk, kan jy – soos O’Donahue skryf - geheime ontdek
wat nodig is om ontdek te word. Oefen om met “geestesoë” te kyk! Dit is hoe die “gewone” kan verander in die allerheiligste. Of dit langs jou kind se sportveld is; terwyl jy skottelgoed was; inkopies doen; of die telefoon by die werk moet beantwoord, vra God se seën daarop; maak jou hart vry van bagasie en volg die Heilige Kompas van jou siel.
GEBED: Verbreed my visie en verskerp my insig, Here.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Vandag se skildery is The Sermon of the Beatitudes (La sermon des béatitudes).
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 22 van #Pelgrims luister ons na “Open My Eyes” deur Jesse Manibusan.
Uit die liriek:
Open my eyes, Lord
Help me to see Your face
Open my eyes, Lord
Help me to see
Open my ears, Lord
Help me to hear Your voice
Open my ears, Lord
Help me to hear
Open my heart, Lord
Help me to love like You
Open my heart, Lord
Help me to love.
https://youtu.be/bl-71hjQzwk
“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.” (Spr 3:5)
Dit is soms vir ons moeilik om te moet erken dat ons verkeerd opgetree het. Dink maar aan die seun wat weggeloop het en daarna – stert tussen die bene – terugkeer na sy ouerhuis (Luk 15:19). Soms is terugstap regtig vir jou 'n verleentheid. Maar soms stap ons weg omdat ons nie meer kans sien om met ons verantwoordelikhde voort te gaan nie. Of soms hardloop ons weg omdat ons bang is vir wat alles van ons gevra word.
Die profeet Elia sal daarvan kan getuig: Koningin Isebel het belowe dat sy hom gaan doodmaak (1 Kon 19:2). Al wat jy kan doen - of so glo jy - is om ter wille van jou lewe te vlug. Kom so ver moontlik van die gevaar af weg (en ja, soms selfs van God af ook). Dit is asof hy selfs van die Here wil wegkom, want God verwag net te veel van 'n mens! Maar, van God kan jy nie wegkom nie, al vlug jy hoe ver. Dan hoor hy die Stem: “Wat maak jy hier, Elia?” “Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here, Almagtige God,” antwoord Elia, “… en (nou ) soek hulle my om my ook om die lewe te bring” (1 Kon 19:10).
Later, wanneer Elia God se teenwoordigheid ook in die windstilte ontdek (om daarmee te sê dat God oral is, nie nét in die grootse oomblikke nie), vra God 'n tweede keer, “Wat maak jy hier, Elia?” Dan kom die opdrag: “Draai in jou spore om na…” (v15). Gaan terug vanwaar jy gekom het, Elia, My werk is nog nie klaar nie. Maar weet net, ek sal by jou wees!
Dalk het jy nodig om te hoor: “draai in jou spore om …”
GEBED: My Here, waarvan probeer ek dalk wegkom wat ek moet klaarmaak?
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Vandag se skildery is The Return of the Prodigal Son (Le retour de l'enfant prodigue).
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 21 van #Pelgrims luister ons na die inspirerende nuwe lied “By Myself” deur Mat Schnitzer. Hy skryf die lied gaan daaroor om te probeer, en te misluk, om die lewe op jou eie te leef, en die gawe wat gepaard gaan met die erkenning van jou behoefte aan God en ander.
Uit die liriek:
All these thoughts get lost inside
Bouncing round like the casting of a die
Who am I supposed to be
Can someone please show me the way to destiny?
I tried to do it by myself
But what I had to give just wasn’t enough
So much time spent on my own
Walking someone else’s road
I tried to do it by myself, but I need you
Tired eyes and my hands outstretched
On my knees, and my need is all that’s left
A quiet voice says, “you are not the one to blame,
Come near, let me touch your heart, your mind, your pain.”
https://youtu.be/0YrfL-o0fjo
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” (Matt 5:9)
Soms kry ons opdragte om roetes te loop wat ons liefs sou wou vermy. Soms word ons terug gestuur van waar ons kom om eers dinge te gaan afhandel. Dalk dink jy ook dadelik aan Jesus se woorde tydens sy bergpredikasie, “As jy dus jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe” (Matt 5:23-24). As jy die een is wat die verhouding skade gedoen het, is dit te verstane dat jy op die herstelpad terug gestuur word. Vrede is egter vir Jesus so belangrik dat die (oënskynlike) onskuldige die opdrag kry om die pad van herstel te stap.
As jy mooi daaroor dink is dit die pad wat Jesus sy ganse aardse lewe gestap het. Die Onskuldige wat die hemelse roete terugstap aarde toe om vrede te bring by die mensdom wat met onvrede in hul hart leef. Sodat daar vrede tussen God en mense kon kom (Rom 5.1).
Soms is dit ek wat die terugstap moet doen, maar soms gaan dit iemand wees wat dalk die terugstap tot by my gaan doen. Iemand wat vir my sê, “ek was by die altaar van gebed en God het my herinner om eers te kom praat met jou, want ek weet daar is iets verkeerd.” Sal ek op daardie oomblik onthou dat ek vroegoggend gebid het, “Ons Vader wat in die hemel is, vergeef my oortredinge soos ek ook ander vergewe?” (Matt 6:12). Sal ek ook dan die uitdeler van genade wees, omdat ek God se genade ontvang?
Terugstap is nodig om vorentoe te kan beweeg! Dit is die pad van herstel.
GEBED: Wys my of ek vandag êrens heen moet terugstap, my Here.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Vandag se skildery is The Calling of Saint Matthew (Vocation de Saint Mathieu)
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 20 van #Pelgrims luister ons na “10,000 Reasons” soos opgeneem deur die Drakensberg Seunskoor.
Uit die liriek:
The sun comes up, it's a new day dawning
It's time to sing Your song again
Whatever may pass and whatever lies before me
Let me be singing when the evening comes
Bless the Lord, O my soul, O my soul
Worship His holy name
Sing like never before, O my soul
I'll worship Your holy name
Die lied is geskryf deur Matt Redman en Jonas Myrin en is gebaseer op Psalms 103: 1-5. Dit gaan oor hoe ons nooit sonder rede kan raak om God te aanbid en te prys nie.
https://youtu.be/ET53Q7O4wAM
“Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop.” (Luk 24:15)
Stap is nie sommer net stap nie. Kuier-kuier stap is nie dieselfde as dwaal nie. Sleepvoet is anders as huppel. Strompel verskil van slinger, en 'n drafstappie lyk anders as wandel. Ons doen dinge stapsgewys; voetjie-vir-voetjie.
Hoe sal ons staptog deur die lewe beskryf word? Ligvoets? Of stap ons (dalk meer as wat ons wil erken) ons lewensreis soos wat daardie twee manne die dag gestap het, vanaf Jerusalem na Emmaus (Luk 24:13-35)? Met somber gesigte? Praat ons mekaar dalk ook (net soos daardie twee manne) “in 'n depressie in”? Kyk dan net hoe loop alles skeef! Kyk net hoe lyk alles om ons! Al langsamerhand loop ons - die land maak ons moedeloos; die politiek is 'n grap. Die lood in ons voete raak al swaarder. Die ekonomie dwing ons om sleepvoetend te stap.
Dit is 'n swaar lot om sonder vreugde jou pelgrimsreis te onderneem, veral as dinge anders uitdraai as wat jy gedink het dit sou. Dit is 'n moeilike tog om aan te pak wanneer jy begin glo dat jy godverlate is. Maar, hoe blind moet ons dan wees as ons ook soms ons Medereisiger - die Een wat beloof dat Hy by ons sal wees - miskyk? Moet Hy dan vir ons ook sê, “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie …” (v25)?
Ek vra myself af, wat moet ons doen wanneer ons in so 'n toestand is? Immers, 'n boer maak 'n plan… Maar, die verrassende is, daar is níks wat ons moet doen nie. Alles is klaar gedoen: die graf is dan leeg. Hy leef!
Of jy glo dit, of jy glo dit nie. Dit bepaal hoe jy vandag jou lewensreis onderneem.
GEBED: Here, my lewenstyl kan nie weerspreek wat ek glo nie. Laat ek dan reg glo!
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Die negentiende dag se skildery is The Pilgrims of Emmaus on the Road (Les pèlerins d'Emmaüs en chemin).
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Lekker ligvoets vir dié Saterdag kyk ons op Dag 19 van #Pelgrims na die nuwe musiekvideo “Gee 'n bietjie hoop” van die groep Tussen Sterre. Dis ’n reisavontuur van 3 vriende wat hoop wil bring. “Die video is 'n samestelling van 'n klein fraksie van memories wat ons saam gemaak het deur in Suid Afrika te toer en musiek te maak.” Die lied is deur Sybrand Johan van Dyk, Martin Clifford Earle en Jan-Mattys van Lill geskryf.
https://youtu.be/-3sjizTni2Q
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.” (Jes 41:10)
Die opdrag wat die meeste in die Bybel herhaal word is, “moenie bang wees nie!” Dit bly 'n vreemde opdrag, veral as ons weet dat dit natuurlik is om bang te word. Bedreig iets of iemand jou, het jy die chemiese stowwe nodig wat jou sal laat opspring om van die gevaar weg te kom. Die pelgrimsreisigers van ouds sal kan getuig van die gevaar wat jou langs die pad gaan kan bedreig: van roofdiere tot rowers; siektes tot skelms.
Psalm 56 is Dawid se gebed as 'n bang man. Saul se manne is letterlik besig om hom te “jag”. “Vroeg en laat jaag my teëstanders my, en ek het baie vyande, o Allerhoogste. Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U” (Ps 56:2-4). Enige mens sal in sulke omstandighede bang word – Dawid het ook. Maar die vraag is, “…en dan…?” Dan kan jou vrees so oorweldigend word dat dit jou dalk laat glo dat God van jou vergeet het? Dan kan jy glo dat jy “in jou uur van benoudheid” aan jou eie lot oorgelaat is? Of jy kan, soos Dawid, die vrees gebruik as 'n herinnering van geloof om God te vertrou. Twee maal herhaal Dawid in die psalm: “In God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n mens aan my doen?” (Ps 56:5 en 12). Met ander woorde, is die krag van 'n mens meetbaar aan die krag van God?
G'n wonder nie dat die belofte wat die meeste in die Bybel voorkom is,“Ek is by jou.” En daarom kon Dawid sê, “met God by my kon ek my pad aanhou loop” (Ps 56:14).
GEBED: Dankie, Here, dat ek al my vrese na U mag bring.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die agtiende dag se skildery Suffer the Little Children to Come unto Me. https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4539
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 18 van #Pelgrims luister ons na Sons of Korah se “Light of Life - Psalm 56”.
Uit die liriek:
Be merciful to me, O my God
For my enemies pursue me all day long
All day they press their attack against me
Be merciful to me, O my God
My slanderers pursue me all day long
Many come to attack me in their pride
When I am afraid, O Lord, I will trust in You
In God alone, whose word I truly praise
In God I trust and I will never fear
For what can mortal man ever do to me?
Sons of Korah is 'n Australiese groep wat toegewy is om ’n vars stem aan die Bybelse Psalms te gee.
https://youtu.be/Vjoo7xf0D6I
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
POTGOOIE: Luister na vandag se meditasie op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
“Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie.” (Deut 31:8)
Dit is maklik om oor waagmoed te skryf (en te lees) vanuit 'n gemakstoel. Maar die “regte lewe” is nie 'n gemaklike lewe nie. Soos Josua wat as Moses se opvolger aangestel word om die Israeliete in Kanaän in te lei, waar Moses vir hom sê, “Wees sterk, wees dapper! …Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie” (Deut 31:6-8).
Ek weet gewoonlik as iemand vir my sê, “Moenie bang wees nie, moenie skrik nie,” dan is daar genoeg rede om juis bang te wees. Drie maal in hierdie hoofstuk hoor Josua hierdie woorde; vier keer word dit ook op ander plekke herhaal. Josua was óf 'n baie bang man, óf daar het groot probleme voorgelê. Maar hier kan ons iets leer by Franklin Roosevelt wat gesê het, “Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, dit is eerder die wete dat iets anders belangriker is as jou vrees."
'n Paar eeu later, nadat die Joodse ballinge terugkeer vanuit hul ballingskap in Babilonië en hul land gans-en-al vernietig sien, het hulle moed in hul skoene gesak. Eers gee die profeet Haggai 'n woord vir die goewerneur: “skep moed, sê die Here.” Dan vir die hoëpriester: “Skep moed.” En dan, “julle almal, burgers van die land, skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige. … my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!” Haggai 2:4-5).
Drie opdragte: skep moed; staan op (vanuit die gemakstoel); moenie bang wees nie. En dan die belofte: Ek is by julle!
GEBED: Here, wat vra U vandag vir my, want ek weet U is ook by my!
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die sewentiende dag se skildery is Jérusalem Jérusalem. https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/ 13458
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 17 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van Joe Niemand se bekende “Ek Sal Nie Bang Wees Nie”.
Uit die liriek:
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
En hier kruip ek weg
In die hoogtes by die Hoogste
Alles veilig in U hand
Buite die bereik van die vyand en sy magte
Omring deur engele aan elke kant
https://youtu.be/W5686zxamyw
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
From the publisher's feed