
Sign up to save your podcasts
Or


"Die oorvloed van God se liefde en vrygewigheid is onafskeidbaar van God se oneindige vreugde. Al die goeie en mooi dinge waaruit ons af en toe klein druppeltjies van siel-opwindende vreugde drink, ervaar God voortdurend in die breedte en diepte en rykdom van God se skepping.” Dallas Willard
As sommige mense hul spanning “in hul nek” dra, en ander hul angstigheid “op die krop van die maag”, waar in ons lyf voel ons vreugde die meeste? Dit was die vraag waarmee 'n groep Finse navorsers hulself besig gehou het. 'n Kaart van die menslike liggaam is opgetrek; elke deelnemer het 'n lys van verskillende emosies gekry met die opdrag om op die kaart aan te dui waar hulle die emosies die sterkste “voel”. Die interessante ontdekking is dat mense net een emosie oor die hele liggaam voel – vreugde. Ons beleef vreugde letterlik van toontjie tot kroontjie. Vreugde vul jou ganse menswees – nie net gedeeltes van jou nie! Soos suurstof deur jou are vloei, so vloei vreugde tot by jou vingerpunte en jou tong en jou oë en jou ore.
Die Psalmdigter het reeds iets hiervan verstaan wanneer hy skryf, “U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon” (Ps 4:8-9).
Die tekens van God se liefde en vrygewigheid is reeds in die wêreld sigbaar (aldus Rom 1:20). Die skakelaar om die stroom-van-vreugde tot aan die uithoeke van die wêreld te versprei is reeds aangeskakel. Dit is die belofte van Kersfees. Maar die belofte eindig nie daaroor nie. Dit is waaroor Advent gaan. Soos die tieners sê, “Watch this space!”
Mag jy dus in hierdie tyd vreugde ervaar van kroontjie tot toontjie! En dit dan verder aangee.
GEBED: Mag ek nou reeds U vreugde in oorvloed ervaar, Here.
KUNS: Carol Aust, Nativity, 2018, First Presbyterian Church, Berkeley, VSA.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 15 van #AdventAvontuur kyk ons na ’n nuwe musiekvideo van die A cappella groep Eclipse 6. “Still, Still, Still.”
Uit die liriek:
Dream, dream, dream,
Of the joyous day to come.
While guardian angels without number,
Watch you as you sweetly slumber.
Dream, dream, dream,
Of the joyous day to come.
https://youtu.be/rHelKSp0uhs
“Daar is mense in hierdie wêreld wat die gawe het om oral vreugde te vind, en dit agter hulle te laat wanneer hulle gaan.” Frederick William Faber
Die eienskap van mense wie se lewens onder beheer van die Heilige Gees geleef word, is dat hulle gevul is met liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:16). Met hierdie lewenstyl kan die wêreld verander word!
Die gawe wat die Heilige Gees ons gee is bedoel om 'n effek op die wêreld om ons te hê. As negatiwiteit aansteeklik is (en ons wéét dit is), dan is die teëvoeter daarvan die onblusbare vreugde wat christene het. Vreugde (soos goeie nuus) kan jy nie vir jouself hou nie! Dit is soos 'n fontein wat oorborrel en water aanbied vir enigeen om van te drink. Dit is soos goeie nuus – dit is eers goed en betekenisvol as dit uitgedeel word.
Met toeklemde hande kan niemand ontvang nie en ook niks uitdeel nie. Daarom het Francis van Asissi die gelowiges in sy tyd geleer: “om ander hoër as myself te ag, ja, om lief te hê – ander bo myself – en ook eerder te gee as te verwag.” Dit is die roete na God toe.
Sien ons nie juis in Kersfees God so optree nie! God klem nie aan God self vas nie (aldus Fil 2:6), maar leef met oop en uitgestrekte hande (selfs tot aan die kruis!) So het die Vreugde na die wêreld gekom!
Dalk moet ons saam met “Laat Heer, U vrede deur my vloei” ook sing, “Laat U vreugde ook deur my vloei.” As daar by U net oorvloedige blydskap is (soos Psalm 16:11 sê), laat ek dan van daardie oorvloed aangee, want, “Uit u hand kom net wat mooi is.”
Dit behoort ons Adventsgebed te wees! Die wêreld het jou vrygewigheid nodig. Maak oop jou hand en jou hart.
GEBED: Maak van my 'n vreugde-instrument in U hand, Here.
KUNS: Bartolomé Estebán Murillo se skildery "The Nativity" (1665), in die The Museum of Fine Arts, Houston, VSA. Murillo is een van die grootste 17de-eeuse Spaanse skilders. Die skildery is geverf op obsidiaan, 'n glansende vulkaniese swart glas.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 14 van #AdventAvontuur kyk ons na "O Holy Night" deur Lantern By Sea. Dis oorspronklik geskryf deur Placide Cappeau en Adolphe Adam.
Lantern By Sea is 'n indie-rockgroep gebaseer uit Cedar Hills, Utah, gestig deur broers Porter & Tate Smith en Josh Alvey. Beïnvloed deur filmmusiek lei hulle tot orkestrale-geïnspireerde perkussie en antemiese sang en melodieë.
Uit die liriek:
O holy night, the stars are brightly shining,
It is the night of our dear Saviour’s birth;
Long lay the world in sin and error pining,
Till He appeared and the soul felt its worth.
Led by the light of a faith serenely beaming;
With glowing hearts by His cradle we stand:
So, led by a light of a star sweetly gleaming,
Here come the wise men from far away land.
Fall on your knees, And hear the angels’ voices!
O night divine! O night when Christ was born.
https://youtu.be/bev5YI1tMSY
“Vreugde is die onfeilbare teken van die teenwoordigheid van God” (Pierre Teilhard de Chardin)
'n Mens moet wraggies in ontkenning leef om blind te wees vir die pynlikheid van die lewe. Hoe is dit dan moontlik om – soos Paulus sê – altyd bly te wees (aldus Fil 4:4)? Daar is soveel rede om oor die lewe te huil. En as jy dit nie self ervaar nie, moet jy net oorkant die draad kyk.
Selfs Jesus sê, “salig is hulle wat treur” (Matt 5:4a). Salig is hulle wat die ellende van ander raaksien en nie ongevoelig daaroor staan nie. Salig is hulle wat help wanneer hulle in staat is en mense nie aan hul eie lot oorlaat nie. Salig is hulle wat onreg nie net aanvaar nie, maar hul eie gerief op die spel plaas deur teen “verkeerd” op te staan. Salig is hulle wat nie die boosheid laat floreer nie.
Vreugde en lewensomstandighede loop nie hand-aan-hand nie. Hoop en vreugde loop wel hand-aan-hand. Hoor net hoe skryf Paulus, “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed” (Rom 12:12). Die gemeentelede van Rome was vervolgde christene wat ellende in die ergste graad ervaar het. Dit is aan sulke mense wat Petrus ook geskryf het: “Verheug julle … selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak” (1 Pet 1:6). Hoe kan jy? Omdat “julle deur die krag van God veilig bewaar … word” (1 Pet 1:5).
Is jou hoop geplaas in feilbare verganklikheid - dan gaan jou vreugde nooit blywend kan wees nie. Is jou hoop gebou op 'n vaste fondament (wat Christus is, aldus 1 Kor 3:11) - kan geen lewenstorm jou van jou vreugde ontneem nie. Vreugde is inderdaad die onfeilbare teken van die teenwoordigheid van God! Ongeag die “kort tydjie” se droefheid waarvan Petrus praat.
GEBED: Vandag verbly ek my in U, Here Jesus. U is my vreugde
KUNS: Bernardino Luini se “Nativit” ( 1500) tans op uitstalling in Berlyn. Daar word gesê dat hierdie Noord -Italiaanse skilder saam met Leonardo Da Vinci gewerk het.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 13 van #AdventAvontuur luister ons na “Wonder (Advent)”. Woorde deur Pedro de la Cruz, musiek deur Colleen Nixon en opgeneem deur Marian Grace (Colleen Nixon and Jimmy Mitchell), op hulle album In the Bleak Midwinter.
Uit die liriek:
O blessed Mary and dearest Joseph
Allow me to journey with you
To Bethlehem
I am a lowly pilgrim making my way
To the center of history
The birth of Christ the Lord
With unspeakable awe and expectant wonder
I long to behold
I long to behold
I long to behold
The promised Messiah
Time will stand still forever
Divided by the entry
Of the Creator into his creation
https://youtu.be/JBoyltUwCcg
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
“Vreugde is ernstige Hemelse besigheid.” (C.S.Lewis)
Vreugde is God se handelsmerk. Dit is waarmee God geassosieer word. Soos Paulus in Rom 14:17 skryf, “Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.”
As vreugde God se handesmerk is; waarom lyk ons wêreld soos dit lyk? Dawid het dit ook gewonder en hy het tot hierdie gevolgtrekking gekom: “In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord” (Ps 36:2). Opstand teen God is die teenpool van gehoorsaamheid aan God.
“Gehoorsaamheid aan God” word in die 1953-Bybel vertaal met “geregtigheid.” (n.a.w. regverdigheid). Ons weet dit, onregverdigheid is onbillik. Kyk maar net hoe reageer selfs 'n kind wanneer hulle onregverdig behandel word. Daar is dadelik trane!
God se besigheid is regverdigheid. Die bekendste woorde hieroor is sekerlik die Profeet Miga s'n: “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God” (Miga 6:8). Dít is hoe gehoorsaamheid aan God lyk. Alles behalwe dit is opstand teen God.
Waar regverdigheid heers, heers vrede. Om die waarheid te sê, Psalm 85:11 sê hierdie twee – regverdigheid en vrede – loop altyd hand-om-die-lyf. Hoor hoe pleit die volk van God: “Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie?” (Ps 85:7). Kan regverdigheid en vrede mekaar tog hier in ons lewe (in ons land) omhels nie? Sal gehoorsaamheid aan God nie weer hand-aan-hand kan loop met vreugde nie?
Dalk is dit die enigste gebed wat ons in Advent moet bid: “Kan U nie maar die lewe vir ons weer nuut maak dat ons vrede en vreugde kan ervaar nie, Here.”
GEBED: Here, laat ek 'n draer van U handelsmerk wees.
KUNS: Sandro Botticelli, The Mystical nativity, 1500, National Gallery, Londen
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 12 van #AdventAvontuur kyk ons na die Drakensberg Seunskoor se pas vrygestelde musiekvideo van hulle weergawe van "The Little Drummer Boy".
Die koor skryf die weergawe is met 'n bietjie rock and roll en baie Afrika soul. Die lied is oorspronklik deur die Trapp Familie. Die verwerking is deur die koor se direkteur van musiek, Vaughan van Zyl. Tristan Trent (mengingenieur), Tjaart van der Walt (instrumentasie) en Zakhele Nkosi (choreografie) is verantwoordelik vir die video. Die soliste is : Wade Breedt, Khazimla Kubheka, Mish Cato en Ashim Lawson.
https://youtu.be/3NxGOsdEzVw
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
“As jy wil warm word, staan nader aan die vuur; as jy nat wil word, spring in die water. As jy vreugde, krag, vrede, die ewige lewe wil hê, kom nader, kom selfs tot midde-in die Een wat dit gee.” (C.S. Lewis)
Rituele is wonderlike hulpmiddels om ons (wat maklik aan geheueverlies ly) te help onthou. Ons raak vasgevang in ons alledaagse dat ons vergeet dat God by ons is; dat ons rede het om dankbaar te wees. Ons vergeet dat vreugde nie afhang van ons omstandighede nie, maar van wie ons in God is.
Op ons koffietafel is 'n adventskrans; elke aand steek ons daardie week se kers aan. Vanaand word die derde kers - die Kers van Vreugde - aangesteek saam met die twee ander kerse wat reeds brand (kerse van hoop en vrede). Ons kry tyd om met mekaar te gesels oor vreugde; ons bid saam; moedig mekaar aan om draers van vreugde te wees. En natuurlik herinner ons mekaar dat ons nie moet vergeet dat liefde die taal van God is, daarom is vreugde dit ook.
Die teksvers, “Bid sonder ophou” (1 Tess 5:16 – 1953 vert), ken ons goed. Maar sien ons ooit raak wat Paulus net voor dit skryf: “Wees altyddeur bly.” Vreugde en gebed loop hand-aan-hand! “Julle (moet) toeneem in geloof, en blydskap in julle geloof hê,” bid Paul in die Brief van Vreugde (Fil 1:25).
Die saad van vreugde ontkniem van binne af. Soek jy dit buite jouself gaan jy dit nie vind nie. Jou omstandighede hoef nie eers ideaal te wees om lewensvreugde te beleef nie, dit hoef selfs nie eers te verander nie. Ander omstandighede mag jou lewe dalk makliker maak, maar nie gelukkiger nie.
Mag ons in hierdie derde week van Advent (soos Dawid en Paulus) daagliks bid: “U teenwoordigheid sal my met vreugde vul” (Hand 2:28).
GEBED: My Here, mag ek op geen plek buiten U na vreugde en vervulling soek nie!
KUNS: Jyoti Sahi (Indië), “Jesus Offering the Light (Arathi)”, 2004
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 11 van #AdventAvontuur kyk ons na ’n video-opname van die “Lofzang van Maria” gesing deur die 1700 manskoor by die Katwijkse Mannenzang.
Manssang uit die Nieuwe Kerk in Katwijk aan Zee onder leiding van die dirigent Bert Noteboom. Orrelis is Marco den Toom. Elke jaar kom 'n paar duisend mans na Katwijk vir die manssangaande om Psalms, gesange en geestelike liedere saam te sing.
https://youtu.be/HsuKTLnbjwg
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
“Vrees is 'n selfopgelegde gevangeniskap wat jou keer om te word wat God bedoel het dat jy moet wees. Bestry vrees met die wapens van geloof en liefde.” (Rick Warren)
“Moenie bang wees nie!” Dit is die opdrag wat die meeste in die Bybel voorkom. (Waarskynlik kom dit so gereeld voor, juis omdat ons so gereeld in die slaggat daarvan trap.) Gelukkig is die belofte wat ook die meeste in die Bybel voorkom, “Ek is by jou!” Presies hoe die engel Gabriël aan 'n jong meisie, Maria van Nasaret, verskyn: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” Vanselfsprekend was sy uit die veld geslaan oor die woorde, waarop die engel sê, “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou” (Luk 1:28, 31).
Begenadigde beteken “die een wat vrylik al God se genade ontvang het”. Dink jy so aan jouself? Paulus doen! Wanneer hy aan die “heiliges van Éfese” (hulle wat vir God afgesonder is) skryf, begin hy so: “Genade vir julle en vrede van God… (julle) is geseën met álle geestelike seëninge in die hemele in Christus” (Ef 1:3). Hierdie genade het God “vrylik aan ons geskenk” (v6). God hou niks genade terug nie! En dan herinner Paulus ons aan die Advent-verwagting: “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos…” (v14).
Week na week hoor jy in 'n erediens die predikant/pastoor sê, “Genade en vrede vir julle!” Vrylik en vrygewig word dit aan jou geskenk. Begenadigdes. God is by julle!
Soms vergeet ons wie ons is.
Ons vergeet aan wie ons behoort.
Ons vergeet wat ons ontvang het.
Ons vergeet wat aan ons belowe is.
Ons vergeet dat ons uitgekies is om gestuurdes van God te wees.
Ons vergeet dat ons nie bang hoef te wees nie!
Ons vergeet dat die Here by ons is.
GEBED: Verander my vergeet in onthou, Here.
KUNS: “Man on a donkey” deur Huang Shen (1687–1772), China
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 10 van #AdventAvontuur kyk ons na die musiekvideo “Prince of Peace” deur die Skotse groep Celtic Worship.
Uit die liriek:
Birth that brought the morning
A cry that meant the night would have to end
Angels’ song announcing
Blessed son come down to all mankind
What was prophesied has come to pass
Hope arriving means I’m free at last
Prince of Peace rule over me
Prince of Peace reign
https://youtu.be/Pr2RG-xR2lA
“Die siel moet na God verlang om deur God se liefde aan die brand gesteek te word. Om te verlang na die verlange kom direk van God. (Meister Eckhart)
Verlange en afwagting is liefdestaal. “Eenrigting-verlange” is eensaamheid. Maar “tweerigting-verlange” skep afwagting totdat beide by mekaar is. Dit is soos die een wat op die stoep gaan staan om te sien of daar nie dalk al ligte in die straat aankom nie. Die motorbestuurder ry met dieselfde afwagting, elke kilometer is ‘n kilometer nader aan die een wat jy weet vir jou op die stoep inwag.
Julian van Norwich, die 13de eeuse teoloog, het gesê dat dit nie net ons is wat tydens Advent die taal van verlange en afwagting praat nie. God verlang ook. Sy skryf: “Omdat God Liefde is, verlang God na wie Hy liefhet.” Dink net, by God is daar net so ‘n dors na ons, soos wat die Psalmdigter sy dors na God besing. Die verlange na “tuiskoms” is meervoudig – dit is ook God se verlange!
Laat hierdie woorde jou nie ook dadelik ‘n bekende beeld herroep nie? Dit is mos immers hoe die Genesisskrywer God vir ons uitbeeld - die Soekende en Verlangende God! Die God wat nie tot rus kan kom voor die een wat wegkruip nie terug in God se arms is nie. Daarom roep God, “Mens, waar is jy?” (Gen 3:8-9).
Wanneer Jesus in Joh 15:1 vertel dat Hy na die woning van sy Vader gaan, daar waar daar vir ons almal plek is, leer ken ons die Verlangende Christus: “as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is”(Joh 15:3).
Elke Kersfees wat ons vier is ons een Kersfees nader aan dié vervulling van Jesus se belofte. Verlange en afwagting vir altyd gestil!
GEBED: Here, my hart brand van verlange.
KUNS: Digitale kunswerk deur Britse kunstenaar Marco Cazzulini: “Choral Cathedral” (2017).
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 9 van #AdventAvontuur kyk ons na die pas vrygestelde musiekvideo van “O What A King” deur Katy Nichole.
Uit die liriek:
Who am I that you would choose me
Just a lowly girl from a simple family
Who am I that angels speak my name
Called to be the mother of the one who comes to save
O what a king
Emmanuel, God with us
The world will call you Jesus
I will call you son
O what a king
Heaven bows before you
Your mother, she adores you
Long awaited one
O what a king
https://youtu.be/EQ-g4nPv-X4
ADVENT AVONTUUR #8
In hierdie tweede week van Advent bedink ons veral liefde en genade. Ons is gemaak om, soos God, lief te hê. Dit is ons eerste natuur. Tog is daar iets in ons DNA wat “remme” aan ons vermoë om lief te hê gee. Ons kan God nie met ons hele hart lief hê nie; nog minder kan ons ons naaste lief hê soos onsself. Iets in ons weerhou ons daarvan. Noem dit sonde. Noem dit die “eie ek”. Paulus noem dit “die ou mens.”
As mense wat aan mekaar behoort dit nie kan regkry om mekaar lief te hê nie, hoe moet ons dit regkry om selfs ons vyande lief te hê! Iewers in ons binneste is 'n groot slot waarmee ons vermoë om “selfloos” lief te hê toegesluit is. Ons ego’s staan in die pad. Voeg nou nog ons kultuur en opvoeding – selfs godsdiens - wat ons vertel wie ons vyande is. Met al hierdie “ja, maar…’s” oefen ons groot spiere van liefdeloosheid.
Wanneer Jesus, die mens, gebore word, kry ons die eerste te keer te make met Iemand wie se hele DNA uit suiwer liefde bestaan. Voor ons oë sien ons wat dit beteken om “beeld van God” te wees – dat liefde geen grense ken nie. Dit is waarom ons Advent en Kersfees nooit sonder Paasfees kan nie. Kersfees wys vir ons hoe selflose liefde lyk. En Paasfees is die sleutel waarmee God die liefdesketting se slot oopsluit om “die vreemdeling” in ons hart in te nooi.
As jy mooi lees, sal jy verstaan dat bekering nie maar net is om 'n beter mens te word nie. Bekering impliseer om 'n nuwe mens te word: “nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe” (Gal 2:20).
Is Advent nie veral 'n uitnodiging tot bekering nie? Vir my is dit!
GEBED: Here, net U kan my menswees vernuwe. Laat ek nie leef nie, maar Christus in my.
KUNS: William L. Hawkins (Amerikaans, 1895–1990), Geboortetoneel, 1987. Olie op doek Newark Museum of Art, Newark, New Jersey.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 8 van #AdventAvontuur kyk ons na die liriek-video van Alabaster Grace se “Alleluia, Christ is Born!”.
Uit die liriek:
The Holy Child in manger stall
Shines brighter than the brightest star
From Heaven’s throne He came to earth
To become man by human birth
The mystery of why He came
Was to take all our guilt and shame
His love so pure has washed us clean
White as the snow and now we sing
Alleluia, Christ is Born
Alleluia, He was scorned
Alleluia, Heaven mourned
Alleluia, He is Lord
Die lied is deur die egpaar-duo Brad en Joanie Perry, beter bekend onder aanhangers as Alabaster Grace. Brad, 'n hoogs aangeskrewe voormalige NASA-vuurpylwetenskaplike, en sy vrou, Joanie Perry, 'n toegewyde opvoeder, het saam met Corey Pavlosky, vervaardiger, die sagte akoestiese weergawe van die spesiale Kerslied geskep.
"Op 'n koue oggend, terwyl ons nadink oor die geboorte van Jesus, het 'n melodie ontstaan met die eenvoudige woorde: ‘Alleluia, Christus is gebore,’” sê Brad. "Hierdie woorde het die refrein geword van 'n lied wat die geboorte, dood en opstanding van ons Here Jesus Christus verklaar."
"Ek wou hê hierdie liedjie moet 'n kontemplatiewe en kalmerende gevoel hê wat herinner aan "O Come, O Come Emmanuel," voeg Joanie by. " Ek persoonlik is mal daaroor dat die brug die hoopvolle pleidooi lewer: 'Heilige Kind, skyn op ons’."
https://youtu.be/zj7JO8nHyIs
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
“Advent is die seisoen vir rustelose harte en mense wat moeg is vir die gebroke wêreld wat wil weet dat daar iets meer is as dít.” (Philip F. Reinders)
Onthou jy die pamflet van die reisagentskap - “Kom geniet die grootste avontuur van jou lewe” (#2). Dit kan net sowel uitloop op 'n reuse teleurstelling. “Is dit nou dít,” wil jy uitroep. Dit kan mos nie net “dit” wees nie! “Maar wat het jy dan verwag?” kan iemand vra. “Wel, minstens iets meer as net dít.” Dit is amper soos Kersfees wat aanbreek: die heerlike familie-etes; geskenke oor-en-weer uitdeel … en dan gaan die lewe maar weer net gewoonweg aan.
Soms voel 'n mens so oor jou lewe ook. “Is dit waarvoor ek myself afgesloof het?” wonder die persoon wat uiteindelik met pensioen gaan. “Het my eie lewe dan tot stilstand gekom, net omdat ek kinders moet grootmaak?” “Ons moes saam oud geword het, en nou sit ek hier alleen?”
Niks aan Advent is eintlik opwindend nie. Dit skop die nuwe kerklike jaar af, maar eintlik is daar min opwinding. Eintlik is ons bloot moeg! Moeg van duurder lewenskostes; begrotings wat nie wil klop nie; stukkende motors; stukkende harte; 'n stukkende wêreld. “Is dit nou dít!”
Die avontuur van geloof, hoop en liefde is nie 'n towerstaf om 'n opdraande pad eensklaps gelyk te maak nie. Die avontuur is 'n verhouding met Iemand - Iemand met 'n Naam: “Wonderbare Raadsman; Sterke God; Ewige Vader, Vredevors” (Jes 9:5). Iemand wat voor jou loop; agter jou aan; langs jou; binne-in jou.
Jesus se geboorte gebeur in die gewone alledaagse lewe van skaapwagters wat 'n wintersnag in die veld moet deurbring met hul diere; en 'n man wat vir sy swanger vrou slaapplek vir die nag soek. Maar, dit is 'n gebeurtenis wat terselfdertyd engele lofliedere laat sing. Dit is werklik “Goeie Nuus” wat 'n verskil in ons gewone lewens wil maak.
GEBED: Here, U maak van gewoon buitengewoon.
KUNS: Bernardo Castello se “Geburt Christi” (1620)
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 7 van #AdventAvontuur luister ons na “Vredevors” deur Kobus Mostert. Kobus en sy vrou Rolindie Mostert is jeugpastore by die Every Nation Gemeente op Klerksdorp.
https://youtu.be/nyIGCO99eZ4
“Totdat ons die idee van die God-mens nog nie so ernstig opgeneem het om self daardeur verneder te word nie, het ons sy koms nog nie ernstig genoeg opgeneem nie.” (Frederick Buechner)
Hoe groot is ons verlange dat dinge in die wêreld anders moet wees? Dit is wat die vier weke van Advent met ons wil doen - om ons die droom van God te laat droom op die wyse waarop God dit droom. En om dan die nuwe jaar in te gaan saam met die Een wat sê, “Volg My!” Soos Eugene Peterson die uitnodiging van Jesus vertaal: “Walk with me and work with me - watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won't lay anything heavy or ill-fitting on you” (Matt 11:29 in The Message).
Net voordat ons die geboorte van Jesus wil vier, het ons nodig om weer te onthou presies waaroor dit gaan. Ja, natuurlik is dit 'n heerlike tyd! En natuurlik is die simboliek van geskenke uitdeel aan geliefdes gepas. Maar, hierdie vier vooraf-weke help ons om te onthou dat Kersfees nie in die eerste plek ‘n romantiese fees van klein Baba-Jesus se geboorte in ‘n krippie is nie. Kersfees is die herinnering dat God die vernederende weg kies om tussen mense te kom woon. In die koue realiteit waar mense eerder die sonde verkies. 'n Onwelkome woonplek vir die God-van-die-hemele, skryf Johannes. Hy herinner ons juis dat, “Die ware lig wat elke mens verlig, aan die kom na die wêreld toe was. … Tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie” (Joh 1:8-11).
Is ons só ernstig oor Jesus se uitnodiging, dat ons selfs daardeur verneder kan word in ‘n Jesus-onvriendelike wêreld? Dit is die vraag.
GEBED: Here, U uitnodiging is die enigste uitnodiging wat ek kan volg. Help my daarmee.
KUNS: “The Light of the World” 1853. Holman Hunt, Britse skilder, was in sy vroeë twintigs toe hy met die skildery begin het en het 'n aantal jare geneem om dit te voltooi. Deel van die rede hiervoor was sy begeerte om die dagbreek te vervolmaak, en hy het dit nie gevoel voordat sy reise in die Midde-Ooste hom na Betlehem geneem het waar hy die perfekte sonsopkoms gesien het nie.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 6 van #AdventAvontuur kyk ons na die musiekvideo van “Light Of The World (Sing Hallelujah)” deur die groep We The Kingdom
Uit die liriek:
Light of the world
Treasure of Heaven
Brilliant like the stars
In the wintery sky
Joy of the Father
Reach through the darkness
Shine across the earth
Send the shadows to flight
https://youtu.be/tWeXVnRm6R8
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
From the publisher's feed