
Sign up to save your podcasts
Or


“Dit is nie ons wat met die idee van geskenke op kersdag begin het nie; dit is God self!” (Robert Flatt)
Jaar na jaar ontvang ek boodskappe dat Kersfees nie 'n “Bybelse” fees is nie, en die uitdeel van kersgeskenkies 'n heidense gebruik is. Wel ja, geboortedag is ooit in die Bybelse tyd gevier nie (nie Jesus s'n nie, ook nie mense s'n nie.) Die eerste keer dat ons van die Kersfeesvieringe op 25 Desember lees was in die 4de eeu. Waarskynlik was dit 'n teenreaksie van die Kerk destyds op die heidense feestye waar die son aanbid is. Die langste nag waar daar bykans geen sonlig was nie, het uiteindelik gedraai. In plaas daarvan om die geboorte van die son in te wag, is Christene aangemoedig om die ware Lig in te wag– die Lig wat alle donkerte verdryf. Soos ons in Luk 1:78-79 lees, “Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
Tydens die middernagdiens is 'n nagmaal gehou (vandaar die woord in Engels, “Christ mass”), en dan is geskenkies uitgedeel. Daarvan lees ons gereeld in die Bybel. Veral vernae mense en konings het geskenke van besoekers ontvang. Dit maak dit soveel meer betekenisvol dat die sterrekykers vir 'n baba sulke duur geskenkies gebring het – een gebore in 'n stal, nie in 'n paleis nie (Matt 2:1-12).
Ja, laat ons ons geskenke wat ons uitdeel mooi bedink. Want eintlik bring ons dit aan God. “Die beste geskenke om te gee is, lojaliteit aan jou vriende; vergifnis aan jou vyande; 'n goeie voorbeeld aan kinders. Gee aan ouers dankbaarheid en toewyding; aan jou lewensmaat liefde en getrouheid. En wees vrygewig met jou deernis en barmhartigheid” (Oren Arnold).
GEBED: Boweal gee ek my liefde aan U, my Here.
KUNS: Gerda Smelik (Nederlands) Advent, 2006. Akriel, olieverf, goudblaar, papier, houtskyfies, sand, gom en foto's op doek. Die Nederlandse kunstenaar Gerda Smelik sê oor hierdie stuk gemengde media: "Advent, 'n tydperk van besinning en verwagting, word uitgebeeld deur 'n aardbol met 'n fetus binne. Die donker kleure staan vir die gebrokenheid van die lewe; Die lig rondom die fetus en die strale van goud regoor die wêreld kondig reeds 'n beter wêreld aan. As jy van naderby na die skildery kyk, ontdek jy dat die lyding van die wêreld uitgebeeld word deur middel van portrette van mense in gevaar en nood."
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 24 van #AdventAvontuur luister ons na "Behold" deur Phil Wickham saam met Anne Wilson.
Uit die liriek:
Behold the King has come
Divinity incarnate
Creator of the world
Breathing our air
Behold what light has come
And the dark cannot contain it
The Savior of the world
Is finally here
O come let us adore Him
Come let us adore Him
For He alone is worthy
Christ the Lord
https://youtu.be/6CP08HOcWGY
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
“Om in ons hart oortuig te wees dat ons vergifnis van sondes ontvang het, en nou in vrede met God leef deur genade alleen is die moeilikste ding.” (Martin Luther)
Ons leef in 'n wêreld met hoë standaarde. Dit is dan seker logies dat as jy in die kompeterende wêreld so hard moet werk om in te pas, dat jy dink God dit ook vereis. Martin Luther is reg: om genade te aanvaar is moeilik omdat ons altyd voel ons iets in ruil daarvoor moet doen. Hoe min verstaan ons daarvan dat ons nie goed genoeg kan wees nie. Dit is God wat goed genoeg is!
Daar is géén groter geskenk om die wêreld aan te bied nie as dat God mense liefhet. Jy moet nie eers iets doen nie; God sal dit doen. Jy hoef nie eers te verander nie; algaande sal God jou verander. God het lief. Punt. God kan nie anders nie, want God is liefde.
Ons het twee "tipe” uiterstes in ons samelewings: hulle wat so laag op die grond lê, dat hulle daarom kan glo dat hulle nie God se liefde “verdien” nie. En hulle wat so hard streef om bo te kom, dat hulle nie eers wonder of hulle God se liefde nodig het nie. Erens val ons almal tussen hierdie twee groepperinge, dalk meer na die een kant toe, dalk meer na die ander kant toe. En vir al hierdie mense word die Seun van God gebore: 'n genadegeskenk.
Wat ons by God ontvang kan niemand ewenaar nie. Nie eers ons hartsmense nie! Die boodskap van genade is oorweldigend – dit aanvaar van plakkershuis tot paleis; die Jood en die Griek, die Chinees en die Nigeriërs, selfs die Afrikaners. Waarom? “Want God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief” (Ef 2:4).
GEBED: In my wêreld met standaarde en voorwaardes, my Here, is dit moeilik om “net” liefgehê te word. Dankie dat U anders is.
KUNS: Geboorte van Jesus deur Frans Claerhout.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 23 van #AdventAvontuur luister ons na “Somerkersfees”deur die Kaapse Jeugkoor (Cape Town Youth Choir).
Woorde deur Koos du Plessis en Jannie du Toit, Musiek deur Koos du Plessis en Verwerking deur Franco Prinsloo.
Uit die liriek:
Welkom o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrehemel ruis
Kerfees kom, Kersfees kom -
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
https://youtu.be/hPZUbLCFagM
“Daar is maar een vredemaker: die Vredevors. Soos Hy my verander, ervaar ek Sy vrede. … Soos Hy my verander, begeer ek om die “ander” as my broer lief te hê en te dien. Hierdie veranderinge wat Hy in my moontlik maak, verander my van moeilikheidmaker tot vredemaker. Dit is deur Hom dat ek vrede ervaar en ’n vreedsame mens word” (Jean-Michel Hansen)
Ek sing lustig saam met John Lennon terwyl ek bestuur: “Imagine all the people living life in peace. You may say that I'm a dreamer, but I'm not the only one. I hope someday you'll join us and the world will be as one.” John Lennon sing oor “Shangri-La” – die utopiese plek met perfekte saligheid en genot, maar eintlik is dit Christene wat die lied moet sing. Eers wakker Jesus ons verbeelding aan as hy sê, “die koninkryk van God is binne-in julle” (Luk 17:21, 1953). Ontdek dáár vrede! En soos die skrywer, Jean-Michel Hansen, in “Christmas in a time of war” skryf, “Daar verander Hy my van moeilikheidmaker tot vredemaker.”
Anders as vredebewaarders is kinders van God die beyweraars van vrede. Hoor die werkwoord van die Hebreërskrywer, “beywer julle vir vrede met alle mense… ” (12:14). Of soos Jesus gesê het, “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle al (die ander) dinge gee” (Matt 6:33). Vrede is nie 'n passiewe toestand nie. Dit is skouer aan die wiel sit om 'n nuwe moontlikheid te laat realiseer.
Die Nuwe Testamentiese woordjie vir vrede – “eirene” - kry ‘n ekstra betekenis wat die Ou Testamentiese “shalom” nie het nie: ‘n innerlike kalmte; 'n innerlike gelukkig-wees, ten spyte van. Of soos Jesus dit in die bergpredikasie noem: 'n saligheid.
Sing gerus die verbeeldingslied van John Lennon. Maar dan, as Jesusvolgers, gaan maak ons die verbeelding 'n realiteit.
GEBED: Vredevors, maak U vrede deur my sigbaar.
KUNS: Paul Gauguin, Baby (The Nativity), 1896. Olie op doek. The Hermitage, St. Petersburg, Russia.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 22 van #AdventAvontuur kyk on na die musiekvideo van Matthew West se lied “Come Home for Christmas”.
Uit die liriek:
Come home for Christmas
Let your heart return once again
To the joy and the peace
The love and the hope
It’s all right here waiting
For you to come home for Christmas
And come home for good
https://youtu.be/Ot0Tiqju3Bs
“Die mens wat alleen sit en die stilte opsoek, ontsnap drie oorloë: om te hoor; om te praat en om te sien. Maar daar is een oorlog wat daardie mens altyd gaan moet veg: die oorlog in die eie hart”. (Antonius, die Grote)
“Is julle gereed vir Kersfees?” Hierdie vraag moes jy in die afgelope dae sekerlik al 'n paar maal gehoor het. As jy nog nie jou kersgeskenke aangekoop het nie, beter jy nou spring! Of jou spyskaart vir die kersete moet sekerlik al opgestel wees (om nie van die kruidenierslys te praat nie)! Dit is nou een tyd van die jaar waar deeglike voorbereiding nodig is – veral as jy self ook 'n rustige tydjie wil beleef. G'n wonder nie dat almal wil weet: is jy al gereed vir die groot feesvieringe?
Maar sê nou net hierdie vraag vra iets anders. Sê nou net die “is julle gereed?” het niks met kos en kerspakkies te make nie. Sê nou dit gaan eerder oor die “toestand van jou siel”? Sê nou net die vraag is, “Is julle gereed vir die geboorte van Jesus Christus in julle eie lewens?” Hoe sou jy hierop antwoord?
Ek vang myself gereeld dat ek dadelik aan die gebroke wêreld met al sy onmin dink wanneer ek oor vrede begin gesels. Hoe anders, die onmin is so erg! Oorlog dreig so aanhoudend om ons. Maar, dit is juis waaroor die derde eeuse kerkvader, Antonius die Grote, gesels wanneer hy sê, daar is een oorlog wat jy nie kan ontsnap nie; en dit is die oorlog in jou eie hart. En vir daardie innerlike stryd is Jesus Christus ook gebore. Jesus wil die stryd wat soms in ons eie binneste heers – ongeag wat die oorsaak daarvan kan wees – ook in die heelheid van sy shalom laat intrek.
Is jy gereed dat die geboorte van Jesus Christus ook in jou hart vrede bring?
GEBED: Here, bring U heelheid ook in my eie hart.
KUNS: Deur Gentile da Fabriano, altaarstuk oorspronklik in die kerk van Santa Trinità, Florence.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
“Politici ding mee vir meer mag. Sakemanne skarrel vir groter transaksies. Soldate marsjeer, wetenskaplikes filosofeer en predikers preek…. Maar in daardie slapende baba in die nederige krip pols meer krag en wysheid en genade en lewe as wat enige iemand kan dink.” (Brian McLaren)
Mense wil die leër van sukses klim. Ons stoot skouers om bo te kom. Dan lees ons (in Fil 2:6-7) van Hom wat “in die gestalte van God was, wat sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou (het) as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” God kies presies die omgekeerde van ons menslike ambisie: ons wil “iemand” word; God is bereid om “niks” te word.
Dit is die paradoks: die werklike Iemand is bereid om 'n “niemand” te word, sodat die werklike “niemand’e” - die mensdom - se verlore status voor God herstel kan word. Ons, wie geskape is om “beelddraers van God” te wees, het só “verword” dat ons nie eers meer verstaan wat dit beteken om as God se verteenwoordigers te leef nie. Dit neem God om sélf “soos ons te word” om ons te wys wat en hoe ons behoort te wees.
Soos Paulus verduidelik: “Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie” (Kol 1:15). Van hierdie Seun skryf Johannes later, “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16). Hierdie einste Seun sou later aan die kruis “die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen” (Kol 1:20).
Dit is waar Adventsvrede begin! Hierdie vrede is bloedvrede. Jesus se vrede.
GEBED: Here, dankie dat ek in U kan sien hoe lyk vrede.
KUNS: 'n Tradisionele Ortodokse ikoon van die geboorte van Christus.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 20 van #AdventAvontuur luiste ons na die Amerikaanse TV-musiekster David Archuleta se weergawe van “Angels We Have Heard On High”. David Archuleta het 'n ster geword toe hy net 16 jaar oud was. In 2008 het meer as 30 miljoen televisiekykers en hul 44 miljoen stemme het hom naaswenner gemaak in Seisoen 7 van 'American Idol'.
Uit die liriek:
Angels we have heard on high
Sweetly singing o'er the plains,
And the mountains in reply
Echoing their joyous strains.
Gloria, in excelsis Deo!
Gloria, in excelsis Deo!
Shepherds, why this jubilee?
Why your joyous strains prolong?
What the gladsome tidings be
Which inspire your heavenly song?
Gloria, in excelsis Deo!
Gloria, in excelsis Deo!
https://youtu.be/VFh-UtMzpi0
“Die geboorte van 'n Kind in 'n donker wêreld het nie net 'n nuwe perspektief van die lewe gebring nie, dit het 'n nuwe manier van leef gebring.” (Frederick Buechner)
Ek loop met die woordjie op my lippe - shalom. Mag dit met jou goed gaan, sê ons wanneer ons groet. Mag jy op gelyk paaie loop. Mag jy 'n lewe sonder gebrokenheid ervaar. Mag alles wat “onaf” is vir jou herstel. Dit klink soos “happily ever after.” Maar, dit is utopia. Dit is nie shalom nie.
Ek raai, die meeste van ons dink dalk aan vrede as ‘n afwesigheid van konflik – ook die afwesigheid van konflik tussen twee mense. Ons bewaar liewers die vrede as om die konflik te veroorsaak. Soms het ons vrede gemaak, maar die verhouding is nooit regtig weer dieselfde nie. Dit is nie shalom nie!
Adventsvrede is anders. Soos Jesus in Joh 14:27 sê, “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”
Wanneer die “Prins van Vrede” (wat ons met “Vredevors” vertaal) sy vrede aankondig, is dit in die eerste plek 'n vrede tussen mens en God (aldus Rom 5:1). Dit is 'n vrede wat 'n onrustige siel tot bedaring laat kom. Dit maak van 'n Saulus 'n Paulus. Dit is 'n vrede wat 'n impak het op álles wat ons glo, en álles wat ons doen, en álles wat ons is.
Shalom is 'n nuwe begin. Dit is letterlik God se nuwe begin met ons!
GEBED: Almagtige God, gee ons die genade om die werk van die duisternis af te lê en om ons te klee met die wapenrusting van die lig (Uit The Book of Common Prayer)
KUNS: In die Basiliek van Sant'Apollinare Nuovo in Ravenna, Italië, word die konings en hul geskenke weergegee in 'n pragtige mosaïek uit die vroeë 6de eeu.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 19 van #AdventAvontuur kyk ons na ’n musiekvideo van Immanuel deur die Nederlandse-groep DoorBrekers.
Uit die liriek:
In het donker
In de nacht
In de stilte
Lang verwacht
Werd u geboren
Zo klein en teer
Jezus Christus
Onze Heer
Immanuel
Immanuel
https://youtu.be/cDVRlpRy_us
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
“Advent dwing ons om 'n vreeslose inventaris te neem van die donkerte.” (Fleming Rutledge)
Hoe moet kerke – wêreldwyd – die kers van vrede aansteek in 'n wêreld wat al meer onstuimig voel? Hoe steek 'n mens 'n kers van vrede aan terwyl Noord Korea spog oor hul “Monster Missiel” in die see naby Japan getoets word. Help 'n kers van vrede enigsens vir die vlugtelinge uit Kiev? Wat help 'n kers van vrede wanneer ontevredenheid oor dienslewering in ons eie land soos 'n vuurhoutjie wag om 'n petrolbom aan te steek?
Maar dit is juis die betekenis van Advent! Soos Martin Luther King gesê het, “Donkerte kan donkerte nie verdryf nie, slegs lig kan.” Dit is vir 'n donker wêreld dat die kers van vrede moet brand as 'n uitnodiging: die Lig ís gebore. Soos Johannes skryf, “Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie” (Joh 1:5).
Daardie een donker nag het 'n helder ster oor 'n stal in Betlehem geskyn. Die donker onderdrukking van Rome sou min mense opwaarts laat kyk het. Tog was dit vanuit die hemel vanwaar die hemelse koorlede hul “Soli Deo Gloria” uitvoering vir die skaapwagters gelewer het. “Ere aan God in die hoogste hemele, en vrede op aarde vir die mense in wie God 'n welbehae het” (Luk 2:14). En as 'n refrein hoor jy Jesaja en die profete ook sing: “Sy (die Vredevors) heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring.”
Die SHALOM-tyd van God breek in donkerte aan. En sou dit vir ons nie so lyk nie - omdat ons teen die donker vaskyk – kan die kers van vrede nooit doodgeblaas word nie! Waar moet ons dit soek? Kyk eers boontoe! En kyk dan by jou voete: daar sien jy die ligskynsel brand wat die pad van vrede sal aandui (Ps 119:105).
GEBED: Breek met U Lig ook in my eie donkerte deur, Vredevors.
KUNS: "Engele onder die ster van Betlehem". In hierdie loodglasvensterfragment uit die 12de-eeuse Frankryk is twee gevleuelde engele, geklee in wit klere met murreykleurige mantels, aan weerskante van 'n geel Ster van Bethlehem geplaas.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 18 van #AdventAvontuur luister ons na “Shine for Me Again, Star of Bethlehem” deur die BYU Singers. Die lied is deur Daniel Carter geskryf as ’n Kerslied vir ’n gemengde koor en klavier. Die verhaal word vertel deur 'n herderseun. Terwyl die ster hom na Betlehem lei het, onthou hy die lig van daardie ster, en sy getuienis van Christus leef voort.
Uit die liriek:
High above the weary world, amid the stars of heaven
To men of old a wondrous sign of peace and hope was given
A brighter star was kindled there, to reign among the skies
To mark the way to Bethlehem and everlasting light
And high above the weary world, for eyes to see that will
The star of Bethlehem will shine for those who seek Him still
https://youtu.be/wp5FCOrdQMs
“Laat 'n drankoffer van trane nie die enigste offer by die heiligdom van Jesus wees nie; laat ons ook juig met onuitspreeklike vreugde." (Charles Spurgeon)
Die paradoks van geloof is dat goed-gaan nie die teenoorgestelde is van sleg-gaan nie. Dit kan met jou sleg gaan, en steeds gaan dit met jou goed. Dit is wat ons by die profeet Habakuk leer, “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, …, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder” (Hab 3:18)
Een plek waar klaagliedere hand om die lyf staan met lofliedere is in die Psalmboek. Dink byvoorbeeld hoe die digter in Psalm 30:12 verklaar, “Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.” Vreugdetye laat ons dartellend leef, maar, klaagliedtye dwing ons siel se wortelstelsel om al dieper in geloofsgrond ingroei tot dáár waar ons die onuitputlike belofte van lewenswater ontdek.
Iets “gebeur” met 'n mens wanneer jy ontdek dat dit “om’t ewe” is of dit met jou goed gaan en of dit – volgens wêreldse standaarde – met jou sleg gaan. Jy ontdek dat die genade van God se goedheid as 'n onuitputlike bron waaruit jy kan leef. Dan ontdek jy – te midde van jou klaagliedtyd – dat jy ook kan uitroep, “Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop” (Hab 3:19).
Soos Henri Nouwen kon skryf, “As jy jou hartseer gedurende tye van vreugde kan onthou, sal jy ook jou vreugde in hartseertye kan onthou.” Advent help ons om beide te onthou, en in beide situasies te bid: “laat my wortelstelsel dieper groei, Here.”
GEBED: Mag ook my geloofswortels in hierdie tyd groei, al dieper in die bron van lewende water, Here.
KUNS: Utah kunstenaar Brian Kershisnik se "Geboorte." Die skildery is 17 voet lank en 'n bietjie meer as sewe voet hoog, beeld 'n magdom engele uit wat verby Maria, Josef en die pasgebore baba Jesus vlieg.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 17 van #AdventAvontuur luister ons na “Hoor Die Blye Eng'lelied” deur Danie Niehaus saam met Christo en Cobus van die Broers.
Uit die liriek:
Hoor die blye Eng'lelied
Aan die Koningseun gebied
Vrede op aarde aan God die eer
God daal tot die sondaar neer
Wil met elke Hemeling
Ook aan God die loflied bring
Hoor die blye Eng'lelied
Aan die Koningseun gebied
Hoor die blye Eng'lelied
Aan die Koningseun gebied
https://youtu.be/JAUJWxHQGlY
“Ek wag vir God, en God wag vir my om te sien of ek regtig vir Hom wag, en nie net dinge van Hom wil hê nie." (Peter Greig)
“Waarvoor wag ons?” Ek kon duidelik aan die stemtoon hoor dat die persoon voor my by die toonbank nou moeg gestaan was. Eintlik was dit nie 'n vraag nie, dit was 'n opdrag: kry nou klaar! Waarvoor wag ons!
Hierdie insident het my iets van Advent beter laat verstaan. Dit is die “opskud-tyd” - asof God vir ons wil sê, “Waarvoor wag julle? Ek is gereed, maar is julle?”
In Jes 30:18 is daar (in die 1953-vert) 'n interessante teks: “En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag” (Jes 30:18). Die Here is gretig om ons genadig te wees (aldus die 1983-vert).
Hier leer ken ons 'n ander tipe ongeduld – Goddelike ongeduld. Die engelse woord “anticipation” beteken oorspronklik om iets voor die tyd reeds in besit te neem. Dit is nie wag-en-kyk nie. 'n Tipe “mogge-troffe” nie. Dit gáán gebeur. Maar waarvoor wag God? Waarom Israel nie dadelik red nie? Want, in hierdie verhouding bestaan daar twee: God én die volk. God én mense. God én jy. Daar is 'n rede waarom God wag. Kom tot inkeer, Israel! God is gereed, maar is julle?
Dit is dieselfde wat Petrus skryf, “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer” (2 Pet 3:9).
Advent is die tyd waar ons hierdie vraag oor-en-oor vra: Waarvoor wag ons? God is in afwagting, maar is ons?
GEBED: Here, gebruik my om U koms te bespoedig.
KUNS: Michael Felix Gilfedder (Skots, 1948–), Blou Madonna (Maria, Moeder van God), 1987. Olie en tempera op hout.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 16 van #AdventAvontuur kyk ons na die Indiese supergroep Sanam se “Mary Did You Know”.
Uit die liriek:
Mary, did you know
that your Baby Boy would one day walk on water?
Mary, did you know
that your Baby Boy would save our sons and daughters?
Did you know
that your Baby Boy has come to make you new?
This Child that you delivered will soon deliver you.
Mary, did you know
that your Baby Boy will give sight to a blind man?
Mary, did you know
that your Baby Boy will calm the storm with His hand?
Did you know
that your Baby Boy has walked where angels trod?
When you kiss your little Baby you kissed the face of God?
The blind will see.
The deaf will hear.
The dead will live again.
The lame will leap.
The dumb will speak
The praises of The Lamb.
Die groep bestaan uit Sanam Puri (vokaal), Samar Puri (kitaar), Venky S (Bas) en Keshav Dhanraj (tromme). Hulle verhaal het in 2010 begin toe hulle Indië se grootste talentkompetisie, die Times Music Supastars, gewen het. Destyds was bekend as die "The SQS Project". In 2013 het hulle hulself herdoop tot Sanam.
https://youtu.be/C7gi8hb9yBQ
KUNS: Michael Felix Gilfedder (Skots, 1948–), Blou Madonna (Maria, Moeder van God), 1987. Olie en tempera op hout.
As jy Saterdag in die Tuinroete is wil ek jou uitnooi vir ’n gratis koppie koffie by La Crêperie tussen Reebok en Tergniet. Ek gaan daar wees tussen 10:00 en 13:00 op Saterdag, 17 Desember 2022, en ek gaan ook ’n voorraad van my nuwe boek “Dankbaar Desondanks” beskikbaar hê wat ek persoonlik vir jou kan teken.
Die nuwe dagstukkie-bundel is net die regte kersgeskenk vir familie vriende of sommer vir jouself. Die boek het 31 Gedagtes oor dankbaarheid, elke met daaglikse dankbaarheidsoefeninge.
“Verwondering en dankbaarheid is karperde. Die Een wat die tuig vashou, is die Drie-Enige God: die Gewer, die Geskenk en die Dankbaarheid.”
Die pragtige La Crêperie-koffiewinkel is op die hoek van die R102- en Sorgfonteinpad regs by die #Tergniet kruising as jy van #George af kom, of aan jou linkerkant as jy van #Keinbrakrivier af kom.
Ek hoop om daar te sien.
Ronell
NS: Jy kan ook die boek aanlyn bestel. Lees meer by http://www.leefhoop.com/product/dankbaar/
#DankbaarDesondanks #LeefHoop #GratisKoffie
www.ronellbezuidenhout.co.za
Pragtige agtergrond musiek:
Deon Meiring se lied “Gee ons rus”. Hy het dit tydens 2016 se Kersseisoen geskryf en die lied se musiek is ook die agtergrondmusiek vir ons potgooie en bemarking die maand. Deon noem dit ’n Interpretasie van Kersfees.
From the publisher's feed