Inwoners van Koster in Noordwes hoop dat die hof in die provinsie, die waterkrisis in die Kgetleng-munisipaliteit vir eens en vir altyd kan bylê. Die inwoners sukkel weer met behoorlike riooldienste, en waterverskaffing. Dit nadat besorgde inwoners die watersuiweringsaanleg in 2020 van die munisipaliteit teruggevat, en herstel het. Die inwoners het toe aangevoer dat die munisipaliteit nie die kapasiteit het om die suiweringsaanleg te bestuur nie. Die hooggeregshof in Noordwes het later in 'n uitspraak gesê die suiweringsaanleg moet weer teruggegee word aan die munisipaliteit. Willie Jones, wat die projek destyds namens die inwoners bestuur het, sê hulle is weer terug waar hulle begin het. Jones sê dit is die rede hoekom hy nou geregistreer het as 'n onafhanklike kanidaat in die komende plaaslike verkiesing.