Gauteng se Covid-19-verspreidingskoers neem af, maar kommer oor ander provinsies neem toe. Te midde van stygende Covid-19-gevalle, sterf Johannesburg se uitvoerende burgemeester, Geoff Makhubo nadat hy met die siekte gehospitaliseer is. Die ANC se sektretarisgeneraal, Ace Magashule, bly geskors, maar wat van oudpresident Jacob Zuma se ANC-status? Daar is heelwat vrae oor die skorsing van die hoof van die buitelandse spioenasie-tak, Robert McBride, ná 'n beweerde mislukte geheime sending in Mosambiek. Vrystaat Landbou loof die polisie se optrede om 'n plaasaanval te verhoed.