Die adjunk direkteur vir opleding en strategiese projekte van die departement van omgewingsake, Jacques du Toit sê die nuwe DNS koodeeringstasie, vergemaklik hulle werk in die veld aansienlik. Die sogenaamde Lab in a Box wat die week in die Nasionale kruger Wildtuin bekendgestel is, as deel van die IBOL konferensie, beteken dat DNS monsters vinniger ontleed kan word tydens 'n ondersoek na onwettige handel in fauna en flaura. Du Toit sê die onwettige bedryf is so groot dat hulle amper nie byhou nie, maar die toestel gaan dit verander.