Belastingbetalers het sedert 2009 R600-miljoen rand betaal om soldate wat op verpligte verlof geplaas is, te onderhou. Die Suid-Afrikaanse Weermag Unie (SANWU) sê die Weermag kon dit verhoed het as hulle die regte prosedures gevolg het, om die soldate wat voor die Uniegebou gestaak het, reg te vervolg. Die sekretaris-generaal van SANWU, advokaat Pikkie Greeff, sê die appèlhof het bevind dat die weermag nie dissiplinêre verhore buite die militêre regsprosesse mag hou nie. Greeff sê SANWU sal op sy beurt die hof nader om die Weermag te dwing om die soldate se verpligte verlof op te hef.