Inwoners van Rouxville in die Suid-Vrystaat het vanoggend by die hof bymekaargekom in protes teen die moord op dr Bennie Cilliers. Die verdagtes, Thabang Jordan en Ngalekile Zamayo, verskyn vandag weer in die hof op aanklagte van moord, poging tot moord en voertuigdiefstal nadat die saak gister uitgestel is vir verdere ondersoek. Die familie het in 'n onderhoud met Spektrum gesê hulle is dankbaar dat geregtigheid seëvier, maar vra dat die voorval nie gebruik word om verdeling in die gemeenskap te bevorder nie. Cilliers se seun Hans het met Izak du Plessis gepraat.