Die Minister van Omgewingsake, Edna Molewa, en die Mosambiekse Minister van Toerisme, Carvalho Muaria, het Vrydag hulle kommer uitgespreek oor renosterstropery in die Limpopo-oorgrenspark. Tydens die samesprekings is daar besluit dat 'n ooreenkoms deur die twee lande onderteken moet word. Suid-Afrika het ook die Mosambiekse regering gevra om die verskuiwing van gemeenskappe uit die park te versnel. Die uitvoerende hoof van die Vredesparkstigting, Werner Meyburg, sê hierdie vergadering was baie belangrik in die behoud en voortbestaan van die Vredespark soos aanvanklik beplan toe hy sy deure in 2001 oopgemaak het.