KLETS

Tassies gepak, loadshedding terug en Colene het nou "rizz"!


Listen Later

In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug).

Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná 20 jaar die “ander Afrikaner” te gaan besoek – by Nampo, nogal. Is dit ‘n opregte poging tot verbinding, of net nog ’n slim PR oomblik?

Maar wag, Cyril het nou ook besluit om vir Donald Trump te gaan hallo sê in die Withuis, om die “ware verhaal van Suid-Afrika” te vertel – of dalk net die ANC se weergawe daarvan. Trump klink glad nie opgewonde nie, en wonder hardop of Cupcake ooit die GPS reg gaan stel… want kom nou, die man kry nie eens sy iPad nie.

En van tassies pak gepraat – volgens ’n nuwe meningspeiling is daar ’n duidelike lys van lande waarheen mense wil emigreer. Maar wie’s boaan? En waar lê Suid-Afrika?

Dan ontplof daar ‘n storie reg uit ’n Netflix-reeks: die “Gay Cocaine Brotherhood” van in Europa.

Verder maak die nuwe pous sy verskyning, en volgens sy boetie het hulle as kinders nie “dokter-dokter” gespeel nie, maar “pous-pous”.

Colene gee vir ons ’n les in Gen Z-woordeskat, van “rizz” tot “sigma” – alles wat jy nodig het om hip te klink.

As jy op soek is na opinies, satire en "bussin" insigte, is hierdie KLETS vir jou. Want in Suid-Afrika is die lyn tussen grap en werklikheid fyn… of glad nie daar nie. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

KLETSBy Afrikaans.Radio

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

3 ratings


More shows like KLETS

View all
Friday Night Comedy from BBC Radio 4 by BBC Radio 4

Friday Night Comedy from BBC Radio 4

247 Listeners

Focus on the Family Equipping Parents Podcast by Focus on the Family

Focus on the Family Equipping Parents Podcast

1,070 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

36 Listeners

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett by DOAC

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett

8,846 Listeners

TRIGGERnometry by TRIGGERnometry

TRIGGERnometry

2,035 Listeners

The Gareth Cliff Show by The Real Network

The Gareth Cliff Show

67 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

15 Listeners

The Mel Robbins Podcast by Mel Robbins

The Mel Robbins Podcast

20,377 Listeners

Radioteater by RSG

Radioteater

1 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

5 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

'n Ma & 'n Mikrofoon by Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

0 Listeners

My Neus in jou Besigheid by Afrikaans.Radio

My Neus in jou Besigheid

0 Listeners

Nagsê Here by Afrikaans.Radio

Nagsê Here

0 Listeners

Siel by Afrikaans.Radio

Siel

2 Listeners

Net nog enetjie by Maroela Media

Net nog enetjie

0 Listeners

The Relocated South African by Jan Hugo

The Relocated South African

0 Listeners

Môre onder die Soeklig by Afrikaans.Radio

Môre onder die Soeklig

0 Listeners