Die organisasie SAVE the VAAL dreig om regsaksie te neem teen die Departement van Water en Sanitasie, indien hy nie die besoedeling in die Vaalrivier stop-sit nie. Dit volg na verskeie videos op sosiale media wys hoe besoedeling in die Parys-omgewing in die Vaalrivier plaasvind. In die videos word gewys hoe visse en ander diere in die rivier vrek, hou rou riool in die water dryf, en selfs hoe bloed in die rivier gestort word. Die organisasie Save the Vaal veg reeds sedert 2007 teen die besoedeling in die rivier. Moreen Steward, die adjunk voorsitter van die organisasie, sê dit is skokkend dat die department nie sy mandaat nakom en die rivier beskerm nie.