Vyf-en-vyftig miljoen rand wat deur 'n Amerikaanse hof in New York aan die Suid-Afrikaanse regering as deel van 'n hofsaak betaal is, het spoorloos by die department van Landbou, Bosbou en Visserye verdwyn. Die geld hou verband met 'n saak teen 'n voormalige vismagnaat van Kaapstad, Arnold Bengis, wat deur die Suid-Afrikaanse regering aangekeer is vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne. Hy het verskeie eksotiese vissoorte gestroop. Hy is later in Amerika in hegtenis geneem waar die department suksesvol 'n saak teen hom aanhangig gemaak het. Malixole Gwatyu berig…