Afrika perdesiekte is in 'n hele aantal provinsies aangemeld. Die hoogs aansteeklike siekte word deur 'n virus in vlieënde insekte soos muggies versprei, en tas perde, donkies en muile aan. Verlede jaar is minstens 110 voorvalle van Afrika perdesiekte in Suid-Afrika aangemeld. Boere word aangeraai om alle gevalle aan die staats-veearts te rapporteer om te verseker dat ingeligte besluite geneem kan word. Suzanne Paxton het met 'n kenner van die organisasie South African Equine Health and Protocols, dr. John Grewar, gepraat.