Al ooit gewonder wat jy kan doen om die omgewing te bewaar? Al ooit gedink jy, as een persoon, gaan nie 'n verskil kan maak nie? Al ooit gedink jy is te jonk om 'n verskil te maak aan jou omgewing ? Luister dan na die storie. 'n Graad drie klas van Laerskool Rooihuiskraal in Centurion, Gauteng het gesê genoeg is genoeg en in 'n brief aan die skoolhoof, daarop aangedring dat plastiek strooitjies onmiddelik van die skoolperseel verban moet word. Die skrywer van die brief, namens die Fênsiemuis klas, MJ Du Plessis sê na hulle juffrou oor die impak van plastiek besoedeling op die omgewing gepraat het, kon hulle nie meer hande gevou sit nie