Spektrum het vroeër die week met die trekklavier-man, Lukas de Preez gepraat nadat hy minstens 12 hospitale in die Wes-Kaap besoek het, en daar musiek gemaak het vir pasiënte. Hy het landwyd harte gesteel met die musiek wat hy vir sy vrou, Marinda gespeel het toe sy in die hospitaal opgeneem is met Covid-19. Na haar dood het hy besluit om 'n boodskap van hoop deur musiek te bring. Die Cozett-gesin uit Heathfield, Kaapstad, was só aangeraak deur dié gebaar, dat hulle eenvoudig met hom in aanraking moes kom. Irene Cozett se man, Dennis, is 5 jaar terug dood aan kanker, maar het soos Du Preez, gereëld musiek gemaak om hoop te bring. Dit was dus vanselfsprekend dat sy besluit het om haar man se trekklaviere aan Du Preez te gee...