Alicia Lamprecht se sewe maande-oue seuntjie, Henco, doen baie goed na hy gister tydens 'n motorkaping ontvoer is. Hy sal vandag deur 'n pediater ondersoek word. Lamprecht het by 'n vriendin in Observatory in Kaapstad gekuier, toe die se hondjie by die erf probeer uithardloop het. Lamprecht was al gereed om te ry, maar het probeer om die hondjie, wat 'n meter van haar motor was, te keer. Die volgende oomblik het 'n onbekende man in haar Volkswagen Polo gespring en met Henco, wat in sy karstoeltjie gesit het, weggejaag. Lamprecht sê haar hele wereld het op daardie oomblik ineengestort.