Die DA wil hê dat die ondersoek na die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, oor afpersing, hervat moet word. Dit nadat die fluitjiebaser wat die saak aanvanklik aan die groot klok gehang het aangedui het dat hulle WEL sal saamwerk met die parlement oor die kwessie. Die fluitjieblaser het deur middel van Bantu Holomisa destyds beweer dat Mapisa-Nqakula hulle begin afdreig het vir geld, nadat hulle 'n weermag kontrak ontvang het, terwyl sy die minister van verdediging was. Die parlementêre staande komitee van verdediging het die ondersoek na Mapisa-Nqakula laat vaar nadat hulle gevind het die fluitjieblaser wou nie saamwerk met die ondersoek nie. Die DA se skadu minister van Verdediging, Kobus Marais sê dit het intussen aan die lig gekom dat die fluitjieblaser wel hulle samewerking sal gee.